GOUE OUE KEER TERUG
Teen 13 April was alle uitstalruimtes vir landboumasjinerie-, werktuie en ander toerusting vir die 2022 Royal-skou in Pietermaritzburg reeds uitverkoop. Die skou kon die afgelope twee jaar nie plaasvind nie weens inperkings teweeggebring deur die covid-19-pandemie, maar vind weer vanjaar van 27 Mei tot 5 Junie plaas. Die organiseerder, mnr. Terry Strachan, die uitvoerende hoof van die Royal Agricultural Society of Natal, sê dié vereniging vier ook vanjaar sy 170ste bestaansjaar. Hierdie foto is in 2019 geneem. FOTO: VERSKAF
Die ongekende storms wat KwaZulu-Natal rondom 12 April getref het, was weens die same- loop van twee faktore, skryf mnr. Mike Berridge op die Facebook-groep Weather Today – Southern Africa.
Die eerste was die samevloei van uiters vogtige winde binne ’n laagdrukstelsel en gevolglike vinnige styging van dié vogtige lug, soortgelyk aan wat tydens ’n tropiese storm of sikloon gebeur.
Dié laagdrukstelsel, wat onder normale omstandighede suidwes sou beweeg, is vasgekeer deur ’n tweede laagdrukstelsel hoër in die atmosfeer (sowat 6 000 m tot 9 000 m) wat oor die suide van Namibië ontwikkel het.
Teken in op Landbou.com en kry toegang tot die beste joernalistiek en eksklusiewe produkte.