SKOUGEREED
Teen 25 April was daar reeds tekens van voorbereidings vir die eerste Nampo-oesfees sedert 2019 — van die werktuie wat ten toon gestel gaan word, was afgelewer, kultivarproewe het geil gestaan en van die groot markiestente was opgeslaan. Nampo vind van 16 tot 20 Mei plaas nadat dit die afgelope twee jaar nie gehou kon word nie weens die covid-19-pandemie en beperkings op groot samekomste. “Bothaville het miljoene rande in dié twee jaar verloor. Jy kon die effek van die verlore inkomste sien. Ons is werklik dankbaar dat die tyd van die pandemie nou eindig,” sê me. Hettienne von Abo-Moolman, sakevrou van Bothaville. FOTO: BENNIE ZAAYMAN
Die Spaanse sitrusbedryf was einde April op hete kole omdat ’n nuwe protokol wat 16 dae se kouebehandeling teen valskodlingmot vir lemoene uit Suid-Afrika en Israel vereis, teen 22 April nog nie finaal goedgekeur was nie.
Eurofruit berig dat lidlande te midde van voorbereidings om die eerste Suid-Afrikaanse nawels in te voer, nog nie tegniese besonderhede ontvang het oor hoe die nuwe reëls toegepas sal word nie.
Die Spaanse sitrusbestuurskommissie sê die nuwe maatreëls is ’n “groot prestasie” vir EU-sitrusprodusente en wil sien dat dié maatreëls ook vir mandaryne en pomelo’s ingestel word, “want die fitosanitêre risiko is dieselfde”.
Teken in op Landbou.com en kry toegang tot die beste joernalistiek en eksklusiewe produkte.