Me. Thoko Didiza, minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, en haar adjunk, me. Zoleka Capa, het op 16 Mei op die Nampo-oesdag buite Bothaville met boere skouers geskuur. Hier is hulle saam met mnr. Derek Mathews, voorsitter van Graan SA.
“Ek sê altyd Nampo is my tuiste. Ek kom hierheen om tyd met boere en die bedryf deur te bring, om self te sien wat die nuutste tegnologie is en om boere aan te moedig om aan te hou produseer sodat ons almal kan eet en klere het om aan te trek,” het sy op ’n mediasessie in Graan SA se raadsaal gesê.
Die mededingingskommissie monitor die reusestygings in die pryse van sonneblom- en ander eetbare olies. Hy sê hy sal optree as kleinhandelpryse nie geregverdig word deur stygende koste nie, berig Business Day.