Die Vergelegen-landgoed by Somerset-Wes is nou die trotse eienaar van sewe Rau-kwaggas, ’n groep sebras wat ’n selektiewe teelproses ondergaan het om te lyk soos die suidelike vlakte-kwagga, ’n subspesie waarvan die laaste een in 1883 in die Amsterdam-dieretuin dood is.
’n Bevolking van vlakte-sebras is ingespan om die gene te verkry vir die kwaggas se kenmerkende velpatroon. Die naam Rau-kwaggas is ter nagedagtenis aan mnr. Reinhold Rau, ’n taksidermis, wat in 1987 met die projek begin het en oorlede is voordat dit voltooi is.
In ’n waterskeidingsaak het die Grondwethof beslis dat diegene wat vuurwapenlisensies nie betyds hernu het nie en daarna verbied is om ’n geldige lisensie te bekom, toegelaat moet word om ingevolge die Wet op die Beheer van Vuurwapens (Wet 60 van 2000) aansoek te doen om ’n geldige lisensie.