Dié padskraper, op die D854-pad naby Sesriem in Namibië, was een van talle wat onlangs te sien was in die sentrale en suide dele van dié land, besig om paaie te skraap. Volgens plaaslike boere word padskrapers op kontrakbasis gebruik om die paaie volgens ’n skedule in stand te hou.
Grondpaaie in dié gebiede het plek-plek skade gely weens goeie reën, maar is in die algemeen in ’n merkbaar beter toestand as landelike paaie in talle dele van Suid-Afrika.
Groot volumes laergraadse mielies op die plaaslike mark kan vanjaar probleme in die graanmark skep. “Hoewel die stroopproses nog nie teen maksimum tempo verloop nie, wil dit voorkom asof daar hierdie seisoen baie meer laergraadse mielies as vorige seisoene gaan wees.