Daar is belowende tekens dat logistieke probleme plaaslik én internasionaal aan die verbeter is, volgens Besigheidseenheid Suid-Afrika (Busa) se nuutste covid-19-vragbewegingsbulletin. Die wêreldindeks vir vragvervoer, wat internasionale verskepingskoste meet, het in die eerste week van Julie met 3% gedaal.
Dit was die 18de agtereenvolgende week dat dié indeks gedaal het. Die betroubaarheid van skeepsroosters was 2,1% beter as die vorige maand. In dié betrokke week het die Durbanhawe 1 261 vraghouers per spoor hanteer, wat 8% meer was as die vorige week.
Durban se Kaai 1 het ook die grootste volume nóg in een week te hanteer, naamlik 17 863 twintigvoet-ekwivalente eenhede (TEU).