WZ 14-52 Jumbo, ’n Boran-bul van Hurwitz Farming, het ’n verbysterende R2,3 miljoen behaal op dié onderneming se agtste produksieveiling op 6 Augustus. Die vorige rekordprys vir ’n Boran-bul was R1,7 miljoen.
Die kopers was mnre. Carlo en Arturo Cuturi van Mutanda Farms in Zambië. Mnr. Simeon Hurwitz, eienaar van Hurwitz Farming, beskryf Jumbo as “ ’n fenomenale, fenotipies moderne Boran met die korrekte struktuur”.
Jumbo weeg 860 kg en het volgens Hurwitz die perfekte balans tussen spiere en die ideale beenstruktuur. Benewens die regte voorkoms het hy ook baie goeie syfers ten opsigte van teelwaarde. Lees meer by bit.ly/3pkt73m.