SWARTLAND HOU SKOU
Die Swartlandskou op Moorreesburg is ná ’n afwesigheid van twee jaar weer van 7 tot 10 September gehou. Op die foto word die SA Vlaamperd-kampioenskap gehou. Ander kampioenskappe wat gehou is, is die Wes-Kaapse Hackney- en die WP Saalperd-kampioenskap. Wat skape betref, is die Swartland-jeugskou en die Swartlandse Merino- en Wes-Kaapse SA Vleismerino-kampioenskap aangebied. Ongeveer 350 Boerbokke het aan die Wes-Kaapse Boerbokklub se streekskampioenskap deelneem. “Dis lekker om mense bymekaar te bring wie se daaglikse lewe uit die landbou bestaan,” het mnr. Jacques Bester, president van die Swartlandskou, gesê. FOTO: LIANA MOCKE
’n Tiende verdagte is in hegtenis geneem as deel van ’n ondersoek om R28 miljoen terug te kry wat deur RCL Foods as produksiekrediet vir opkomende suikerrietboere in Mpumalanga verskaf is.
Me. Yolanda Nontsikelelo Nkambule (48) het in die landdroshof op Malelane verskyn nadat sy deur die Valke se eenheid vir ernstige handelsmisdaad op Nelspruit in hegtenis geneem is. Sy het luidens die klagstaat R2,45 miljoen in haar persoonlike bankrekening ontvang. Sy word van bedrog en geldwassery aangekla.
Teen druktyd is die Land Bank se teenaansoek in die hooggeregshof in Kimberley dat mnr. Carel van der Merwe, ’n boer van die Noord-Kaap, se sakereddingsplan as onwerkbaar verklaar word, nog nie aangehoor nie.
Teken in op Landbou.com en kry toegang tot die beste joernalistiek en eksklusiewe produkte.