bou dit self
Dié mobiele saadskoonmaker van mnr. Matheus Venter, bees-en-skaapboer van die plaas Laserena in die Strandveld, was die wenner in die afdeling gemodifiseerde masjinerie, werktuie en landboutoerusting in Landbouweekblad, Omnia en Graan SA se kompetisie vir boereplanne wat op Nampo Kaap aangebied is. Venter kon nêrens só ’n werktuig te koop kry nie en het agtergekom talle boere het ’n behoefte daaraan. Besoek bit.ly/3Dv76qK vir nog wenners, en hou komende uitgawes van Landbouweekblad dop vir nog inligting oor die wenwerktuie. FOTO: JOANIE BERGH
Ondanks dalings in die uitvoer van wol en sitrus het Suid-Afrika se totale landbou-uitvoer in die tweede kwartaal vanjaar steeds met 5% op ’n jaargrond- slag gestyg tot $3,4 miljard (R58,4 miljard).
Mnr. Paul Makube, senior landbou-eko-noom van FNB Agribesigheid, sê dié inkomste is veral indrukwekkend in die lig van ’n aantal struikelblokke wat die uitbreking van bek-en-klouseer vir handel veroorsaak het, onder meer ’n verbod op die uitvoer van wol, terwyl globale logistieke kwessies sitrus-uitvoervolumes gedemp het.
Voor die wolkwessie met China besleg is, het woluitvoer in die tweede kwartaal op ’n jaargrondslag met 42% gedaal.
Teken in op Landbou.com en kry toegang tot die beste joernalistiek en eksklusiewe produkte.