’n Leierboer wat hom midde-in die storm bevind het en nou in Suid-Afrika afgetree het, kyk terug op die proses en praat oor die grootste lesse wat Suid-Afrika hieruit kan leer.
Suid-Afrikaanse boere wat bekommerd is oor moontlike onteiening sonder vergoeding kan dit oorweeg om elke vierkante meter van hul eiendom te laat waardeer deur internasionaal erkende waardeerders.
Dít is wat versigtige Zimbabwiese boere gedoen het met die doel om ’n omvattende databasis te bou wat as ’n sterk hulpmiddel vir enige toekomstige vergoeding kon dien. Al is dit nie vir die plase self nie, moet dit vir grondverbeterings gedoen word.