AFGRI
BEAN
03 Feb
-
9686,4
86,40
CORN
03 Feb
-
4500
-52,00
SOYA
03 Feb
-
8630
-17,00
SUNS
03 Feb
-
11093
-268,00
WEAT
03 Feb
-
6700
-28,00
WMAZ
03 Feb
-
4260
-27,00
YMAZ
03 Feb
-
4394
-27,00

Dieregesondheidsforum vergader

’n Vergadering om die Dieregesondheidsforum weer in die lewe te roep, is onlangs gehou en komiteelede is verkies.

’n Vergadering om die Dieregesondheidsforum weer in die lewe te roep-, is onlangs gehou en komiteelede is verkies. Luidens ’n nuusbrief van die Melkprodusente-organisasie (MPO) het die krisis met bek-en-klouseer wat die land tans teister, die bedryf net weer die belangrikheid van so ’n organisasie laat besef.


Die forum is oorspronklik in 2007 gestig. ’n Griefskrif oor heersende probleme en voorgestelde oplossings vir die land se veeartsenydiens is toe reeds aan die Minister van Landbou voorgelê. Geen formele erkenning is tot op hede nog van die Regering oor dié griefskrif ontvang nie.

 

Effektiewe kommunikasie

“Die huidige bek-en-klouseer-krisis het lede van die Forum weer laat besef dat daar ’n ernstige behoefte is dat die Regering hierdie forum deurlopend moet gebruik en nie slegs om krisisse te voorkom nie. Dit is daarom noodsaaklik dat ’n doeltreffende kommmunikasiestelsel gevestig word,” lui die nuusbrief.


Dr. Pieter Verdoorn is tot voorsitter van die forum verkies, terwyl mnr. Dave Ford die ondervoorsitter is en drr. Danie Odendaal en Langa Simela bykomende komiteelede.


Prestasie in krisis


Te midde van die krisis wat die land se uitvoerstatus sedert 25 Februarie vanjaar beïnvloed, was suiweluitvoer vir die eerste kwartaal vanjaar 87% hoër as vir dieselfde tydperk verlede jaar. Die MPO sê: “Op  ? melk-ekwivalentbasis is 23,7 miljoen liter uitgevoer, vergeleke met 12,7 miljoen liter in dieselfde tydperk verlede jaar. Invoer gedurende die eerste kwartaal het ook toegeneem, hoewel nie teen dieselfde tempo as uitvoer nie.”


Dr. Koos Coetzee, die MPO se ekonoom, sê die verhoogde uitvoer is ’n aanduiding dat Afrika-markte van die resessie herstel. As dié neiging voortduur, kan die totale uitvoer vir vanjaar die totale invoer oorskry.


8 April 2011

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.16
-0.5%
Rand - Pond
20.81
+0.4%
Rand - Euro
18.75
-0.5%
Rand - Aus dollar
12.09
+0.0%
Rand - Jen
0.13
-0.5%
Platinum
1,016.29
-0.9%
Palladium
1,684.58
+0.9%
Goud
1,912.82
+0.0%
Silwer
23.37
-0.4%
Brent-ruolie
82.17
-0.8%
Top-40
73,923
+0.4%
Alle aandele
80,090
+0.4%
Hulpbronne 10
74,861
+0.2%
Industriële 25
103,382
+0.7%
Finansiële 15
16,523
-0.2%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Lewenslustige man
Lewenslustige persoon wat hou van nuwe ondekkings/uitdaging s. Christenskap is baie belangrik vir my. Eerlikheid en opregtheid baie belangrik. Lief vir my Afrikaner nasie. Mal...
Alleen maar gelukkig
Ek is n sosiale spontane mens wat hou van lag en goeie geselskap. Ek werk hard, soms lang ure, maar hou ook van rustig wees. Ons is nie veronderstel om alleen deur die lewe te...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot