AFGRI
BEAN
06 Okt
-
8935
-92,00
CORN
06 Okt
-
4823,2
28,20
SOYA
06 Okt
-
9535
270,00
SUNS
06 Okt
-
9720
235,00
WEAT
06 Okt
-
7210
18,00
WMAZ
06 Okt
-
5067,6
107,60
YMAZ
06 Okt
-
4958
84,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Diereplaas steel harte by KKNK

Landbouweekblad en New Holland se diereplaas was baie gewild onder jonk én oud by vanjaar se Klein Karoo Nasionale Kunstefees op Oudtshoorn.

Landbouweekblad en New Holland se diereplaas was baie gewild onder jonk én oud by vanjaar se Klein Karoo Nasionale Kunstefees op Oudtshoorn. Selfs bekendes het ’n draai daar gemaak.

Besoekers kon vir ons hul foto’s via Facebook en Twitter stuur en elke dag is ’n gelukkige wenner gekies wat met R1 000 kontant beloon is.

Hier is die wenfoto’s van die kinders wat die miniatuurperdjies, varkies, kalfies, angorahase en lammetjies van naderby leer ken. Besoek gerus www.landbou.com/multimedia vir meer foto’s.


Die sanger Willem Botha is ’n kranige perderuiter en kon die versoeking nie weerstaan om die miniatuurperdjie en haar ses weke oue vulletjie ’n drukkie te gee nie.

Lindie Stander, die gewilde suster Elise van Binneland, gee ’n miniatuurperdjie ’n klapsoen.



’n Klein New Holland-trekkertjie het omtrent aandag getrek by Landbouweekblad se stalletjie. Selfs die kletsrymer Jack Parow en sy vriend Rufio Vegas het kom saamspeel. Foto: JENNI LE GRANGE



Karin le Roux sê haar dogter Carisna (7) het weens haar gehoorgestremdheid ’n fyn aanvoeling vir diere. Toe Carisna hoor sy het R1 000 losgeslaan, het sy dadelik haar ma gevra om die geld te gaan trek sodat sy kan sien hoe lyk só baie geld bymekaar. “Haar volgende woorde was: ‘Nou gaan ek shop!’ ” Sy het wel ietsie by die kunstefees gekoop, maar die grootste deel van die geld is in haar spaarrekening inbetaal.




Andrea de Klerk (4) van Oudtshoorn kon nie uitgepraat raak oor die perdjies nie. Sy was heeltemal uit haar nate toe Theuns Botha van Landbouweekblad haar gevra het om stil te sit vir ’n foto. Haar wengeld gaan eers gespaar word.




Die jong tweekampatleet Ulrich Claassen (8) van Oudtshoorn het self met konyne geboer en dit was dus vanselfsprekend dat hy saam met die angorakonyne afgeneem sou wou word. Hy kon nie wag dat sy prysgeld inbetaal word nie en wil graag iets – hy is nog nie seker wat nie – koop om homself mee te bederf.



Minke Strydom (4) van Port Elizabeth het wyd en syd vir mense vertel sy en die diere het saam-saam gewen. Volgens haar ma, Zelda, gaan Minke ’n deel van haar wengeld spaar en met die res soos ’n tipiese dogtertjie die winkels invaar.



Louis en Corné Jonk (10) is twee boerseuns van Oudtshoorn. Die twee is entoesiasties oor vierwielmotorfietse en het elkeen ’n vierwiel waarmee hulle op die plaas rondry. Die tweeling gaan hul wengeld deel en dink daaraan om valhelms te koop.



Die eerste ding wat Kai Hasse (8) ná Paasnaweek vir sy juffrou vertel het, was dat hy ’n lekker prys losgeslaan het. Kai kom van Oudtshoorn en hy is diere-mal, vertel sy ma, Allie. Hy het hase, ’n hamster, voëls en visse en dit is nog nie genoeg vir hom nie. Kai het onlangs verjaar en gaan sy prysgeld gebruik om ’n verjaardagpartytjie te hou.



Dié klein karnallie, Rochè Munro (1 jaar sewe maande) van Mosselbaai, is versot op diere. Sy ouers kan nie met hom verby ’n hond, kat of perd stap sonder dat hy aan hulle wil vat nie. Hy is ook dol op Animal Planet op DStv. Sy prysgeld gaan vir ’n Jungle Gym-klimraam gebruik word.



Andreas Nieuwoudt (7) van Oudtshoorn boer met duiwe en budjies en sy prysgeld gaan bes moontlik vir sy boerdery gebruik word. Hy is dol oor diere en het ook al sy eie Boerbok besit.


Die kompetisie is met trots geborg deur New Holland.


12 April 2012

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.83
-0.3%
Rand - Pond
20.05
+0.4%
Rand - Euro
17.60
-0.2%
Rand - Aus dollar
11.53
+0.1%
Rand - Jen
0.12
-0.3%
Goud
1,716.84
+0.0%
Silwer
20.59
-0.2%
Palladium
2,304.50
+2.1%
Platinum
928.00
+0.6%
Brent-ruolie
93.37
+1.7%
Top-40
59,532
+0.6%
Alle aandele
65,979
+0.6%
Hulpbronne 10
63,155
-0.8%
Industriële 25
80,299
+1.3%
Finansiële 15
14,079
+0.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Boer soek boerin
Ek is 'n aangename persoon. Hou van mense. Lief vir diere en die natuur. Goeie humorsin. Ek is finansieël stabiel.
Dit is tyd om my horisone te verbreedt
Ek is vriendelik, aantreklik werk baie hard en verdien n bietjie geluk in die lewe. Ek is baie romanties maar deur die jare het dit by die afterdeur uitgegaan.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot