Die opmars van die dieselprys duur voort met die aankondiging deur die Departement van Energie dat die dieselprys met 47c per liter gaan styg.
Die styging sal Woensdag (7 Desember 2011) in werking tree. Goeie nuus vir petrolverbruikers is dat die petrolprys terseldertyd met 11c per liter sal daal
Die prys van alle grade petrol sal Woensdag met 11 c per liter daal, het die departement van energie Vrydag gesê.
Die prys van paraffien sal egter ook styg – met 43c. Die maksimum kleinhandelprys van paraffien sal met 57 c per liter styg. Volgens ‘n verklaring deur die Departement van Energie is die swak rand hoofsaaklik te blameer vir die skerp styging in die dieselprys.
Volgens statistiek van die Departement was die dieselprys in Gauteng ‘n jaar gelede R7,60 en in kusgebied R7,46 per liter. Ná die huidige prysstyging sal die pryse op R10,48 in Gauteng en R10,28 langs die kus te staan kom.
2 Desember 2011