AFGRI
BEAN
29 Mrt
-
9765,2
51,20
CORN
29 Mrt
-
4152
-5,00
SOYA
29 Mrt
-
8242
-1,00
SUNS
29 Mrt
-
8800
93,00
WEAT
29 Mrt
-
6671
-19,00
WMAZ
29 Mrt
-
3854
-29,00
YMAZ
29 Mrt
-
4040
-13,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
17 Mrt
-
171,8
1,17
Ave Wool - RWS
17 Mrt
-
185,09
1,47
Beeste A2/3
17 Mrt
-
54,2
-0,07
Beeste AB2/3
17 Mrt
-
52,95
-0,19
Beeste B2/3
17 Mrt
-
49,6
-1,22
Beeste C2/3
17 Mrt
-
48,53
0,72
Bevrore Hoender
17 Mrt
-
32,97
-0,23
Bokkies (onder 30 kg)
17 Mrt
-
48,13
-1,27
Bokooie
17 Mrt
-
36,44
-2,17
Groot (meer as 40 kg)
17 Mrt
-
36,2
-0,10
Hoender (IQF)
17 Mrt
-
32,21
-0,01
Medium (30-40kg)
17 Mrt
-
44,61
-2,43
Pork Average
17 Mrt
-
32,03
1,11
Poultry Average
17 Mrt
-
32,99
-0,12
Skaap A2/3
17 Mrt
-
82,81
3,66
Skaap AB2/3
17 Mrt
-
81,07
13,42
Skaap B2/3
17 Mrt
-
69,48
9,39
Skaap C2/3
17 Mrt
-
61,58
3,03
Speenkalf
17 Mrt
-
34,11
0,00
Spekvarke
17 Mrt
-
34,05
1,60
Stoorlammers
17 Mrt
-
38,98
-0,96
Varkwors
17 Mrt
-
25,37
1,06
Vars Hoender
17 Mrt
-
33,79
-0,13
Vleisvarke
17 Mrt
-
31,76
0,95
Deel

Differensiaal frustreer koringboere

Die JSE se liggingsdifferensiaal het Wes-Kaapse koringboere warm onder die kraag.

“Dit kán tog nie minder kos om koring uit Amerika na Suid-­Afrika te bring as om Wes­Kaapse koring na Randfontein te ry nie. Die stelsel van liggingsdifferensiaal moet verwyder word,” het mnr. Alwyn Dippenaar, Swartlandse koringprodusent tydens ’n inligtingsvergadering op Moorreesburg gesê.

Die vergadering is aangebied deur Graan SA in samewerking met die JSE  se afgeleide kommoditeitsafdeling, om aan graanprodusente die jongste produkte beskikbaar te verduidelik, waaronder Cando­kontrakte.

Min produsente was teenwoordig. Dit is deur mnr. Chris Sturgess, direkteur van die betrokke JSE-afdeling, gelei. Van die produsente het hul frustrasies met onder meer die liggingsdifferensiaal en die gehalte van ingevoerde koring wat plaaslik­geproduseerde hoëgehalte koring se pryse afdwing, uitgelig.

Die Wes­-Kaap is uniek deurdat die provinsie ’n surplusproduksiegebied vir koring is waarvan sowat 66% self verbruik word, en die res na die noorde van die land gaan, maar tog is besluite van die JSE op graanprodusente landwyd van toepassing.

Sowat 700 000 ton koring word jaarliks in die Wes­-Kaap geproduseer, en 100 000 ton buitelandse koring kom ook die provinsie binne. Van dié 800 000 ton word 580 000 ton plaaslik verbruik. Die res word op Randfontein verhandel.

Die liggingsdifferensiaal van R580/ton wat op Wes­-Kaapse produsente van toepassing is, ongeag waar hulle in die provinsie koring produseer, het ’n direkte uitwerking op pryse wat plaaslike boere ontvang. Die liggingsdifferensiaal is ook van toepassing op koring wat in die Wes-­Kaap self verbruik word.

Die gehalte van ingevoerde koring beïnvloed die pryse van plaaslike koring. Die swakker gehalte van ingevoerde koring uit die Oekraïne byvoorbeeld, beïnvloed die totale koringprys nadelig.

Mnr. Andries Theron, onder­voorsitter van Graan SA en voorsitter van die Wintergraan­werkgroep, sê volgens ’n onlangse besluit van Graan SA gaan die gehalte van plaaslik geproduseerde en ingevoerde koring doelbewus nader aan mekaar gebring word. Omdat die swakker ingevoerde produk die binnelandse koringprys bepaal, is dit sinneloos om koring van uitstaande gehalte te produseer, maar geen premieprys daarvoor te ontvang nie.

“Ons gaan swakker plaaslike koring op die mark sit, maar vir instansies wat aandring op hoë gehalte, sal dit geproduseer word teen ’n premieprys om dit die moeite werd te maak vir die boer.” Sturgess het onderneem om aandag aan boere se frustrasies te gee, deur weer na die formule vir die liggingsdifferensiaal te kyk, asook na ’n premie op gehaltekoring.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.12
+0.2%
Rand - Pond
22.34
+0.3%
Rand - Euro
19.66
+0.2%
Rand - Aus dollar
12.09
+0.7%
Rand - Jen
0.14
+1.3%
Platinum
954.43
-0.6%
Palladium
1,435.63
+1.3%
Goud
1,967.30
-0.3%
Silwer
23.18
-0.6%
Brent-ruolie
78.65
+0.7%
Top-40
70,890
+0.6%
Alle aandele
76,486
+0.6%
Hulpbronne 10
66,795
+0.5%
Industriële 25
103,319
+1.0%
Finansiële 15
15,601
-0.2%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wees not jou self
Down to earth. Very passionate and loving. Strait too the point, no nonsense person. Love Motorsport. Love animals. Braai and enjoy good friend's
Passievol oor sport, wie weet dalk oor jou ook
Hou nie van konflik nie, I'm a kinda make love not war tipe dame. My seun kom eerste in alle opsigte. Ondersteun hom soveel as ek kan. Ek lief sport, meeste van die sport....
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot