AFGRI
BEAN
27 Sep
-
9634
0,00
CORN
27 Sep
-
4759
-49,00
SOYA
27 Sep
-
9430
52,00
SUNS
27 Sep
-
9871
-97,00
WEAT
27 Sep
-
7065
7,00
WMAZ
27 Sep
-
4842
-24,00
YMAZ
27 Sep
-
4777
-21,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

‘Dis tyd om te sê wat gesê moet word’ – Bernstein

akkreditasie
Me. Ann Bernstein. Foto: Agri Limpopo
Me. Ann Bernstein. Foto: Agri Limpopo
Me. Ann Bernstein van die sentrum vir ontwikkeling en ondernemings (CDE) was 'n spreker tydens Agri Limpopo se onlangse kongres.

Sakeleiers moet ophou om ’n juigkommando te wees en ophou om dinge toe te pleister. Hulle moet dit wat hulle om hul etenstafels vir mekaar sê, in die openbaar ook sê en hulle moet baie meer strategies wees oor hoe hulle Suid-Afrika se magdom probleme benader, het me. Ann Bernstein van die sentrum vir ontwikkeling en ondernemings (CDE) op die onlangse kongres van Agri Limpopo gesê.

Sy het gesê selfs op streeksvlak kan landbou-organisasies en landboubesighede hul stemme dik maak sodat elke politikus, tesame met die premier en topbeamptes, dit kan hoor.

Sy het gepraat oor die regering se onvermoë om die ekonomie te hervorm en gesê dat die kommersiële landbou, groot en klein, die enigste werklike kapasiteit in Suid-Afrika het. Sy het gekonsentreer daarop dat landboumaatskappye en kommersiële boerderye uitgesproke moet wees oor die noodsaaklikheid vir verandering in die reëls vir die arbeidsmark om eerder meer werksgeleenthede as meganisasie na te jaag.

Bernstein was uitgesproke teen die voorskriftelike stelsel van minimum lone, veral vir jong mense. Sy meen dit is beter om teen ’n lae loon ’n werk te hê as om werkloos te wees omdat werkgewers nie ’n minimum loon vir jou kan bekostig nie.

“Julle moet jul saak hard en duidelik stel. Oor grondhervorming moet julle duidelik sê dat die Grondwet nie gewysig moet word nie.”

Sy het gesê die voorgestelde wysiging is die heel swakste boodskap wat aan beleggers – plaaslik en in die buiteland – gestuur kan word. “Grondhervorming is noodsaaklik en ek is ten gunste van vinniger grondhervorming, maar wat dit terughou, het niks te doen met die Grondwet of die vermoë om grond te onteien met nulvergoeding nie. Die struikelblokke lê by die regering se onvermoë om iets sonder korrupsie, doeltreffend en op alle regeringsvlakke toe te pas.”

Bernstein het boere aangemoedig om hul suksesverhale te publiseer en vir die wêreld te wys wat hulle reeds doen – om grondhervorming toe te pas, om swart boere te vestig en hulle by waardekettings en besighede in te sluit.

Sy meen die land het ‘n landelike ontwikkelingstrategie nodig wat ekonomies gegrond is. "Ons het nog nooit een gehad nie. Daar is baie, baie jong mense in jul streek en in die res van die land se landelike gebiede wat geen hoop het vir ’n toekoms nie. Ons moet ophou om klein projekte te doen en begin om te skree op politici oor die wetgewing en ander veranderings wat nodig is om vinniger en baie meer arbeidsintensief te groei.”

Sy beskou Suid-Afrika as ’n samelewing in nood, maar het gesê gegewe die omstandighede kruip baie mense weg in ’n gemaksone en sê daar is niks wat hulle kan doen nie. “Die feit is dat ons sal moet organiseer, betrokke raak en hard skree op die kerkplein – nou meer as ooit tevore. Daar is baie dinge op die spel. Ons land is diep in die moeilikheid, maar ek dink ons kan dit omdraai en landbou-organisasies het ’n belangrike rol te speel in hierdie verband. Moenie subtiel wees nie.”
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.01
+0.3%
Rand - Pond
19.33
+0.0%
Rand - Euro
17.28
+0.6%
Rand - Aus dollar
11.59
+0.7%
Rand - Jen
0.12
+0.5%
Goud
1,629.04
+0.4%
Silwer
18.40
+0.2%
Palladium
2,076.27
+1.6%
Platinum
853.51
+0.1%
Brent-ruolie
84.06
-2.5%
Top-40
57,621
+0.6%
Alle aandele
64,026
+0.6%
Hulpbronne 10
56,997
+1.4%
Industriële 25
79,272
-0.3%
Finansiële 15
14,209
+1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
kom ons skryf ons eie roman
ek is n baie positiewe persoon wat altyd reg staan om my medemense te help. ek hou van die buite lewe en gaan kamp baie, jag ,visvang. en natuurlike n lekker braai. die wereld...
Wil jou graag ontmoet
Ek is eerbaar, opreg, liefdevol, positief, prettig en lief vir die lewe. ek is nie perfek nie. ek hou van goeie intelligente geselskap, musiek en lekker saam kuier. en nog...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot