AFGRI
BEAN
07 Feb
-
9885
16,00
CORN
07 Feb
-
4639
28,00
SOYA
07 Feb
-
8750
-38,00
SUNS
07 Feb
-
10130
-10,00
WEAT
07 Feb
-
6814
47,00
WMAZ
07 Feb
-
4289
-22,00
YMAZ
07 Feb
-
4425
-19,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
27 Jan
-
173,81
-3,89
Ave Wool - RWS
27 Jan
-
189,08
-2,38
Beeste A2/3
27 Jan
-
56,35
-0,03
Beeste AB2/3
27 Jan
-
54,84
0,37
Beeste B2/3
27 Jan
-
52,6
0,97
Beeste C2/3
27 Jan
-
51,89
2,33
Bevrore Hoender
27 Jan
-
34,13
0,07
Bokkies (onder 30 kg)
27 Jan
-
64,42
3,65
Bokooie
27 Jan
-
42,56
5,65
Groot (meer as 40 kg)
27 Jan
-
44,53
13,49
Hoender (IQF)
27 Jan
-
32,16
0,07
Medium (30-40kg)
27 Jan
-
55,48
8,33
Pork Average
27 Jan
-
36,34
0,63
Poultry Average
27 Jan
-
33,37
0,02
Skaap A2/3
27 Jan
-
84,06
-1,32
Skaap AB2/3
27 Jan
-
83,25
7,84
Skaap B2/3
27 Jan
-
69,31
3,51
Skaap C2/3
27 Jan
-
64,52
-3,23
Speenkalf
27 Jan
-
36,72
1,00
Spekvarke
27 Jan
-
36,59
-0,22
Stoorlammers
27 Jan
-
38,46
-0,54
Varkwors
27 Jan
-
29,16
0,28
Vars Hoender
27 Jan
-
33,83
-0,09
Vleisvarke
27 Jan
-
36,3
0,71

Dit is lonend om grond te bewaar

Saaigrond in Suid-Afrika het oor die afgelope twee dekades versuur, sê ’n kenner.

Suid-Afrika se saaigronde het in die afgelope 20 jaar met die ekwivalent van 2 ton kalk per hektaar versuur omdat boere eenvoudig nie genoeg kalk toedien nie, sê mnr. Etienne Schoeman, besturende direkteur van die kalkmaatskappy Grasland.

Hy was deel van ’n Nasie in Gesprek-sessie op die Nampo-Oesdag oor onder meer grondgesondheid onder leiding van mnr. Chris Burgess, redakteur van Landbouweekblad. Schoeman vermoed die rede vir boere se gebrekkige kalktoediening is ’n kontantprobleem.

“Maar boere moet besef dat die ekostelsel, biologiese aktiwiteit en die doeltreffendheid van misstowwe in die grond deur die korrekte pH bepaal word.”

Bewaringslandbou

Oor bewaringslandbou en die aanvaarding van geenbewerking het mnr. Pieter Smit, produkbestuurder van Monsanto, gesê ’n mens moet besef dat bewaringslandbou oor ’n kontinuum van verminderde tot absolute geenbewerking strek en dat die geskikste soort bewerking vir ’n spesifieke gebied van streek tot streek verskil.

Daarby speel kapitaaluitgawes en die aanpassing van jou ander boerderypraktyke by geenbewerking ook ’n rol. “Sodra jy die eerste klein tree in daardie rigting gegee het, kan jy weet jy is op die regte pad. Gelukkig het ons leierboere in bepaalde gebiede wat reeds die skoolgeld namens ander boere betaal het,” het Smit gesê.

Lang termyn

Dr. Dirk Strydom, bestuurder van bedryfsdienste by Graan SA, het bygevoeg dat omskakeling na bewaringslandbou en geenbewerking ’n langtermynbenadering verg. “Maar met die nuwe soort praktyke wat boere nou al hoe meer begin toets, sien ons die voordele tree ook al hoe vinniger in. En die kosteknyptang oortuig boere al hoe meer,” het hy gesê.

Mnr. Jaco Beyers, verkoopsbestuurder vir Afrika suid van die Sahara by die trekker-en-werktuigmaatskappy John Deere, het gesê hulle ondervind dat strookbewerking ook, benewens geenbewerking, in sekere gebiede goeie groei toon.

Soja-trajek

Die paneel was dit eens dat sojaboonproduksie steeds verder gaan styg. Dié gewas, waarvan Suid-Afrikaanse boere in die afgelope paar jaar keer op keer ’n nuwe nasionale rekord-oes opgelewer het, is ’n ideale wisselbougewas vir talle somersaaiboere.

Wisselbou met minstens drie gewasse is een van die pilare wat internasionaal vir ’n bewaringslandboustelsel voorgeskryf word. Mnr. Martin van Zyl, hoof van die landboumaatskappy Senwes se afdeling vir vernuwing en geintegreerde oplossings, het gesê sojaboonopbrengste in hul gebied het in die afgelope paar jaar verdriedubbel.

“Vanjaar is dit maklik meer as 3 ton per hektaar. Ons voorsien beslis ’n groter beweging na sojabone.”

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.58
+0.4%
Rand - Pond
21.18
+0.3%
Rand - Euro
18.85
+0.5%
Rand - Aus dollar
12.21
-0.4%
Rand - Jen
0.13
-0.6%
Platinum
972.03
-0.2%
Palladium
1,648.06
+3.1%
Goud
1,869.04
+0.1%
Silwer
22.13
-0.6%
Brent-ruolie
80.99
+1.3%
Top-40
73,434
-0.1%
Alle aandele
79,534
-0.1%
Hulpbronne 10
74,594
+0.7%
Industriële 25
102,656
-0.5%
Finansiële 15
16,333
-0.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Enkel en soekend
Ek is lewenslustig en vriendelik hulpvaardig hou van die buite lewe kamp bosveld see en sport is n goeie luisteraar
Plat op aarde boeremeisie opsoek na liefde
Ek het 'n hart van goud, mal oor diere, het' n liefde vir kinders, hou van kosmaak, bak, visvang, naweke weg ens.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot