AFGRI
BEAN
01 Des
-
7443
0,00
CORN
01 Des
-
3693,68
0,00
SOYA
01 Des
-
7497
0,00
SUNS
01 Des
-
11232
0,00
WEAT
01 Des
-
6120
0,00
WMAZ
01 Des
-
3360
0,00
YMAZ
01 Des
-
3630
0,00
AMT
Beeste A2/3
19 Nov
-
53,63
-0,61
Beeste AB2/3
19 Nov
-
52,36
-0,27
Beeste B2/3
19 Nov
-
49,93
-0,39
Beeste C2/3
19 Nov
-
45,77
-1,34
Bevrore Hoender
19 Nov
-
28,97
0,09
Bokkies (onder 30 kg)
19 Nov
-
67,06
4,88
Bokooie
19 Nov
-
45,82
0,53
Groot (meer as 40 kg)
19 Nov
-
41,22
-4,20
Hoender (IQF)
19 Nov
-
26,15
-1,27
Medium (30-40kg)
19 Nov
-
53,18
-4,22
Pork Average
19 Nov
-
28,19
-0,22
Poultry Average
19 Nov
-
28,45
-0,37
Skaap A2/3
19 Nov
-
84,77
-0,53
Skaap AB2/3
19 Nov
-
75,76
-0,93
Skaap B2/3
19 Nov
-
71,89
-0,34
Skaap C2/3
19 Nov
-
70,02
0,06
Speenkalf
19 Nov
-
41,47
0,33
Spekvarke
19 Nov
-
29,28
-0,13
Stoorlammers
19 Nov
-
45,93
1,54
Varkwors
19 Nov
-
23,47
-0,03
Vars Hoender
19 Nov
-
30,25
0,07
Vleisvarke
19 Nov
-
28,07
-0,37
Wol (skoon)
19 Nov
-
170,08
-5,21

Doen nou die regte dinge, vra Mpumalanga Landbou

akkreditasie
Foto: Johan Fouche
Foto: Johan Fouche
Mpumalanga Landbou sê sedert die skietdood van twee mans in die konflik tussen boere en ’n groep oproeriges op die plaas Pampoenkraal naby Piet Retief vroeër in April is daar klagtes van sabotasie op plase in die omgewing van Dirkiesdorp.

In een geval is 1 500 bale voer gedurende die nag van 19 April deur brandstigting verwoes.

Die organisasie sê om ’n herhaling van die voorval op 9 April op Pampoenkraal te voorkom, moet die polisie hierdie tipe wettelose en intimiderende optrede deur misdadigers onmiddellik stopsit deur die wet sonder vrees of guns toe te pas.

“Alle partye, insluitend politici, word versoek om hulle te weerhou van opruiende en verdelende uitsprake wat spanning tussen gemeenskappe aanblaas. Die polisie en die vervolgingsgesag moet hierdie saak professioneel, regverdig en objektief kan ondersoek. Dit sal verseker dat die regte verdagtes, verantwoordelik vir die treurspel van 9 April, opgespoor en vir die toepaslike oortredings aangekla en vervolg kan word,” sê die dagbestuur van Mpumalanga Landbou luidens ’n verklaring.

BOU BRUE

“Ampsdraers van die provinsiale regering behoort hul posisie te gebruik om eerder brûe tussen gemeenskappe te bou as om by te dra tot die aanhitsing van konflik deur ongegronde en afbrekende stellings teenoor die boere van Mpumalanga.”

Die landbou-organisasie rig in sy skrywe ook ’n versoek tot me. Refilwe Mtsweni-Tsipane, premier van Mpumalanga, om erkenning te gee aan die landbousektor se reusebydrae tot die welvaart van talle landelike gemeenskappe in die provinsie. “Die primêre landbousektor se jaarlikse bydrae van ongeveer R39 miljard tot die provinsie se ekonomie en die gepaardgaande heeltydse werkgeleenthede van ongeveer 75 000 mense moet beskerm en ondersteun word.”

Op ’n onlangse vergadering met die forum vir landbou in Mpumalanga het mnr. Mandla Msibi, die provinsie se LUR vir landbou, en ander landbou-organisasies saamgestem dat alle belanghebbendes, die owerheid inkluis, moet bydra tot die herstel van rustigheid en kalmte in en om Piet Retief en dat ’n herhaling van so ’n voorval soos op 9 April voorkom moet word.

BESKERM ALMAL

“Mpumalanga Landbou is verbind tot die handhawing van alle mense se regte in landelike boerderygemeenskappe,” sê die organisasie in sy verklaring. “Terwyl ons hierdie regte vir ons lede opeis, besef ons ook dat daar ’n inherente verantwoordelikheid aan hierdie regte verbonde is. In hierdie verband streef ons na die verwesenliking van menseregte vir plaaswerkers en landelike inwoners.

“Die organisasie streef ook na ’n vreedsame en veilige sektor met ’n kultuur van wedersydse respek vir menseregte en die reg. Oortredings behoort deur die toepaslike owerhede hanteer te word. Waar afwesig, moet ’n kultuur van buurmanskap en wedersydse respek en verdraagsaamheid gevestig word. Bewusmaking van regte, kultuur en wetgewing moet deurlopend gedoen word.

“Bemiddeling behoort ’n groter rol te speel in die oplos van geskille voordat dit uitloop op onnodige konfrontasie gepaardgaande met wanorde, skade aan eiendom en lewensverlies.”

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
16.04
-1.0%
Rand - Pond
21.28
-0.7%
Rand - Euro
18.15
-0.8%
Rand - Aus dollar
11.39
-0.6%
Rand - Jen
0.14
-1.3%
Goud
1,781.01
+0.3%
Silwer
22.26
-2.5%
Palladium
1,736.96
-0.3%
Platinum
935.00
-0.6%
Brent-ruolie
69.23
-5.5%
Top-40
64,786
+1.1%
Alle aandele
71,198
+1.0%
Hulpbronne 10
67,859
+0.9%
Industriële 25
93,997
+0.9%
Finansiële 15
13,880
+2.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Vreugde, Lewe, Wyn en Dans
EK is ń man wat vol energie is. My drome is groot en my verwagtinge is hoog. Daar is soveel mooi in wêreld en elkeen het ook sy skop gehad maar ek verkies om na jou...
Die lewe is 'n avontuur. Kom ons geniet dit saam.
Ek is 'n positiewe mens, van nature. Erg oor my kinders, familie en vriende. Gek oor my honde. En diere, die natuur. Hou van reis, en sloertoere. Lief vir kos maak. En...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot