
Dieregesondheid is seker een van die mees komplekse onderwerpe vir veeboere en waaroor daar die meeste vrae gevra word.
Dr. Faffa Malan gaan drie afsonderlike sessies aanbied oor dieregesondheid by die Agri-Expo Livestock van 6 tot 8 November 2014 op Sandringham, Stellenbosch. Dis om veeboere geleentheid te gee om meer inligting oor dieregesondheid te bekom. Gesonder diere bring immers meer geld in die sak. Bywoning is gratis en geen vooraf-registrasie is nodig nie.
Dok Faffa se boekereeks “Vra vir Faffa” gaan by Landbouweekblad se stalletjie beskikbaar wees.
Agri-Expo Livestock en Agriworks Landbou Ekspo vind plaas op Sandringham, Stellenbosch. Kaartjies is by die hekke beskikbaar teen R30 vir volwassenes, R10 vir kinders onder 18, en kinders jonger as 7 jaar kry gratis toegnag. Hekke is daagliks oop vanaf 09:00 tot 17:00.
* Meer inligting is beskikbaar op www.livestock.org.za of www.agriworks.co.za