AFGRI
BEAN
03 Feb
-
9600
0,00
CORN
03 Feb
-
4600
0,00
SOYA
03 Feb
-
9571
0,00
SUNS
03 Feb
-
11718
0,00
WEAT
03 Feb
-
6685
0,00
WMAZ
03 Feb
-
4372
0,00
YMAZ
03 Feb
-
4397
0,00

Donkies lewendig geslag vir Chinese mark

Donkies raak dikwels verhonger en selfs lewend afgeslag voordat hul velle en vleis na China uitgevoer word.

Terwyl die Noordwes-regering beoog om donkievleis en -velle na China uit te voer, gaan wêreldwyd al hoe meer stemme teen dié bedryf op weens die wrede behandeling van dié diere.

Luidens ’n verslag van die Britse organisasie The Donkey Sanctuary word donkies dikwels lewend afgeslag en wreed behandel om in China se behoefte aan donkievel en -vleis te voorsien. Donkievel word verwerk tot 'n produk genaamd eijiao, wat in China as 'n gesondheidsproduk gebruik word. Talle Chinese glo eijiao sal hul lewe verleng, hul libido verbeter en skoonheid bevorder.

Tans word tot 1,8 miljoen donkies per jaar geslag om in dié behoeftes te voorsien.

Die aantal donkies in China het afgeneem van 11 miljoen in 1990 tot 6 miljoen in 2014. Dít, gekoppel aan vrugbaarheidsprobleme by donkies, lei daartoe dat China na lande in Afrika, Asië en Suid-Amerika kyk om in sy behoeftes te voorsien.

Uitvoer verbied

Pakistan, Niger, Burkina Faso, Mali en Senegal het egter die uitvoer van donkies verbied, terwyl Egipte ’n stokkie gesteek het voor die uitvoer van sowat 10 000 lewende donkies na China.

In ’n voorval verlede jaar in Bloemfontein is 70 maer en siek donkies weke lank sonder kos gelos. Die eienaar het aan die Dierebeskermingsvereniging (DBV) gesê het hy stel slegs belang in die diere se velle om dit na China uit te voer.

Die verslag dui aan dat dié gebruik in Suid-Afrika voorkom omdat die kondisie van die donkie nie saak maak solank die vel bruikbaar is nie.

The Donkey Sanctuary het ander lande versoek om die slag en uitvoer van donkies vir hul vel te verbied, met die DBV wat sy steun van dié veldtog toegesê het.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.10
-0.1%
Rand - Pond
20.89
+0.1%
Rand - Euro
18.62
+0.2%
Rand - Aus dollar
12.07
+0.2%
Rand - Jen
0.13
-0.1%
Platinum
1,024.56
+1.3%
Palladium
1,669.70
+0.0%
Goud
1,914.88
+0.1%
Silwer
23.49
+0.1%
Brent-ruolie
82.17
-0.8%
Top-40
73,629
0.0%
Alle aandele
79,802
0.0%
Hulpbronne 10
74,686
0.0%
Industriële 25
102,624
0.0%
Finansiële 15
16,551
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
🎶 All we need is love
Onafhanklik, goeie waardes, sin vir humor, diere liefhebber, sagte hart. Geniet Park runs op Saterdae, beoefen skyf skiet as ook Karate. Mal oor musiek en geniet n rit op my...
Betroubare opregte mense is n maklike humoristiese mens en kom
Ek is n Vriendelike omgee mens met hope humor en Bae liefde vir my medemens. Geniet die buite lewe en vang graag vis en Kamp graag. H
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot