AFGRI
BEAN
29 Mrt
-
9765,2
51,20
CORN
29 Mrt
-
4152
-5,00
SOYA
29 Mrt
-
8242
-1,00
SUNS
29 Mrt
-
8800
93,00
WEAT
29 Mrt
-
6671
-19,00
WMAZ
29 Mrt
-
3854
-29,00
YMAZ
29 Mrt
-
4040
-13,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
17 Mrt
-
171,8
1,17
Ave Wool - RWS
17 Mrt
-
185,09
1,47
Beeste A2/3
17 Mrt
-
54,2
-0,07
Beeste AB2/3
17 Mrt
-
52,95
-0,19
Beeste B2/3
17 Mrt
-
49,6
-1,22
Beeste C2/3
17 Mrt
-
48,53
0,72
Bevrore Hoender
17 Mrt
-
32,97
-0,23
Bokkies (onder 30 kg)
17 Mrt
-
48,13
-1,27
Bokooie
17 Mrt
-
36,44
-2,17
Groot (meer as 40 kg)
17 Mrt
-
36,2
-0,10
Hoender (IQF)
17 Mrt
-
32,21
-0,01
Medium (30-40kg)
17 Mrt
-
44,61
-2,43
Pork Average
17 Mrt
-
32,03
1,11
Poultry Average
17 Mrt
-
32,99
-0,12
Skaap A2/3
17 Mrt
-
82,81
3,66
Skaap AB2/3
17 Mrt
-
81,07
13,42
Skaap B2/3
17 Mrt
-
69,48
9,39
Skaap C2/3
17 Mrt
-
61,58
3,03
Speenkalf
17 Mrt
-
34,11
0,00
Spekvarke
17 Mrt
-
34,05
1,60
Stoorlammers
17 Mrt
-
38,98
-0,96
Varkwors
17 Mrt
-
25,37
1,06
Vars Hoender
17 Mrt
-
33,79
-0,13
Vleisvarke
17 Mrt
-
31,76
0,95
Deel

Donkievleis dalk binnekort na China?

Die Noordwes-regering beplan om binnekort met ’n projek te begin wat donkievleis vanaf die provinsie na China sal uitvoer.

Die Departement van landelike-, omgewings- en landbou-ontwikkeling in die Noordwes-provinsie is van plan om eersdaags ’n projek van stapel te stuur wat donkievleis en -velle na China sal uitvoer.

Mnr. Brian Setswambung, provinsiale hoof van kommunikasie, het aan Landbouweekblad gesê die projek volg nadat die premier van Noordwes, mnr. Supra Mahumapelo en lede van die provinsiale raad China in September verlede jaar besoek het.

Die Suid-Afrikaanse regering sê op sy webblad dat premier Mahumapelo se besoek ten doel gehad het om met potensiële beleggers van Beijing en Shanghai te skakel aangaande die oprigting van ’n kragstasie en die vestiging van ’n bus-vervaardigingsaanleg, asook die oprigting van donkie teelplase vir die uitvoer van donkiehuide en -vleis na China.

Setswambung het gesê die projek is tans nog in ’n beplanningsfase waar die Noordwes se Departement van landelike-, omgewings- en landbouontwikkeling betrokke is by navorsing om die lewensvatbaarheid van die projek te ondersoek. “Die Departement is besig om die nodige voorbereidings te tref om volgende maand met rolspelers te vergader om die projek te bespreek,” het hy gesê.

Die rolspelers bestaan hoofsaaklik opkomende boere van die provinsie wat belangstel om donkies te lewer. Setswambung het ook gesê dat die departement die moontlikheid ondersoek om ’n slagplaas op te rig om die donkies te slag en verwerk voor die vleis en velle uitgevoer word.

“Ons wil verseker dat die regte kanale gevolg word, sodat daar nie later kwessies met die nakoming van regulasies voorkom wanneer die projek in volle swang is nie. Die aanleg sal ook broodnodige werk verskaf aan ’n provinsie wat onder hoë werkloosheid gebuk gaan,” het Setswambung gesê.

Op ’n vraag waarom die projek juis donkies eerder as beeste sou gebruik, het Setswambung gesê die vraag na donkievelle vanuit China is besonder hoog. “Hulle gebruik die velle vir die maak van verskeie produkte. Dit beteken dat ons die hele dier kan gebruik en nie net die vleis uitvoer nie,” het hy gesê.

Landbou-organisasie skepties

Mnr. Boete du Toit, hoofbestuurder van Agri Noordwes, het gesê daar is baie vrae rondom die uitvoer van donkievleis wat nog beantwoord moet word voor die projek as volhoubaar beskou kan word. “Ons is nie seker dat die projek se hoofdoel die verskaffing van donkievleis as sulks is nie. Daar word reeds ’n groot aantal donkies onwettig in die provinsie geslag, waarvan die velle na China uitgevoer word, wat reeds bedenkinge oor die wettigheid van die projek plaas,” het hy gesê.

Donkies se draagtyd kan ook kwessie vir die projek wees. “Donkies se draagtyd wissel tussen 11 en 14 maande, wat hulle heeltemal onmededingend maak as vleisproduseerders, veral in vergeleke met diere wat juis vir die doel geproduseer word, soos beeste. Donkies is ook kortgrasbeweiders wat weiding heeltemal verwoes en met vee kompeteer,” het hy gesê.

Du Toit het gesê dat daar kommer is oor die welstand van die diere sou die projek op die been gebring word. “Daar word reeds donkies in haglike omstandighede aangehou vir die uitsluitlike doel om hulle velle te verkoop. Myns insiens gaan die projek hierdie probleem vererger,” het hy gesê.

Uiteindelik moet daar gevra word hoe die projek rym met die land se voedselsekerheidsdoelwitte en met landboubeleid. “ ’n Projek waaroor daar reeds soveel twyfel is, versterk die agterdog dat daar nie duidelike antwoorde gegee word oor wat die departement se presiese doel hiermee is nie.”

Setswambung het gesê die departement sal tydens die volgende vergadering met rolspelers meer duidelikheid kan gee oor die rigting waarin die projek beweeg.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.10
+0.3%
Rand - Pond
22.30
+0.5%
Rand - Euro
19.63
+0.3%
Rand - Aus dollar
12.10
+0.6%
Rand - Jen
0.14
+1.8%
Platinum
967.40
+0.8%
Palladium
1,436.35
+1.4%
Goud
1,963.81
-0.5%
Silwer
23.33
+0.0%
Brent-ruolie
78.65
+0.7%
Top-40
70,865
+0.6%
Alle aandele
76,480
+0.6%
Hulpbronne 10
66,658
+0.3%
Industriële 25
103,311
+1.0%
Finansiële 15
15,614
-0.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Opsoek na liefde
Ek is eerlike opreg en weet hoe om ' n dame spesiaaal te laat voel. Ek hou ook van buite lewe en avontuurlustig
Kom ons skryf ons eie roman
Wel ek hou van baie lag, dus vriendelik. Ek is energiek en wil nog die lewe geniet. Hou van stap en soms oefen as tyd dit toelaat. Hou van die buitelewe en natuur. Geniet dit...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot