’n Bekende veekundige en kenner van Dormers en Frieskoeie, mnr. Leep Ferreira, is onlangs oorlede.
Ferreira (89), ’n dosent by die Elsenburg-landboukollege op Stellenbosch, is vermoedelik aan sy hart oorlede. Ferreira het die afgelope 30 jaar in Stellenbosch gewoon.
Sy dogter, me. Annemarie Harmse, sê Ferreira was nie net op ’n tyd hoof van die landboukollege nie, maar was ook ’n Suid-Afrikaanse veteraan-tennisspeler.
“Hy was nederig en ’n mense-mens met ’n fyn humorsin.
Hy was gelief op die dorp en baie mense het altyd vir hom kom kuier. My pa sou Vrydag (2 Desember) 90 geword het,” het Harmse aan Die Burger gesê.
Prof. Frans van der Merwe, ’n goeie vriend en hoof van die departement veekundige wetenskappe aan die Universiteit Stellenbosh (1966 – 1982) sê Ferreira het ’n enorme bydrae gelewer tot die bevordering van veeteelt in Suid-Afrika. Van der Merwe bestempel Ferreira as die “boumeester” van die Dormer-ras.
Bron: Die Burger
29 November 2011