AFGRI
BEAN
03 Feb
-
9600
0,00
CORN
03 Feb
-
4600
0,00
SOYA
03 Feb
-
9571
0,00
SUNS
03 Feb
-
11718
0,00
WEAT
03 Feb
-
6685
0,00
WMAZ
03 Feb
-
4372
0,00
YMAZ
03 Feb
-
4397
0,00

Dow en DuPont mag saamsmelt

Die Mededingingstribunaal het die groen lig gegee Dow en DuPont se samesmelting, maar daar is voorwaardes aan verbonde.

Die Mededingingstribunaal het die samesmelting van die internasionale reuse Dow en DuPont, wat albei insetprodukte aan die Suid-Afrikaanse landboumark verskaf, met voorwaardes goedgekeur.

Dit kom nadat die Mededingingskommissie voorgestel het dat die samesmelting aan bepaalde voorwaardes onderwerp moet word. Dit is bekend dat hierdie soort samesmeltings boere se insetkoste kan opjaag en die mededinging van ander insetskaffers in die mark kan ontmoedig.

Dow se aktiwiteite in Suid-Afrika sluit in die verspreiding van sonneblomsaad, landbou-chemikalieë soos plaagbestryders, en ander wetenskaplike produkte. Die maatskappy vervaardig nie enige van hierdie produkte in Suid-Afrika nie, maar voer dit in van sy besighede in ander dele van die wêreld.

DuPont is betrokke by die verspreiding van sade soos sonneblom en mieliesaad en landbou-chemikalieë en ’n verskeidenheid wetenskaplike produkte. Hoewel daar nie ’n direkte oorvleueling van die kommersialisering van bastersaad en GM-mieliesade in Suid-Afrika is nie, siende dat Dow nie ’n plaaslike mieliesaad-besigheid het nie, het die Mededingingskommisie bevind dat die voorgestelde samesmelting kan meebring dat ’n beduidende mededinger in die mark vir mieliesaad in Suid-Afrika verwyder sal word.

Voorwaardes

Om hierdie kwessie op te los, het Dow en DuPont lisensiëringsvoorwaardes voorgestel. Die Tribunaal wou verseker dat die voorgestelde oplossing klein mieliesaadproduseerders in die land sal help om hul markposisie in die plaaslike produksie van mieliesaad te verbeter, verduidelik me. Chantelle Benjamin van die Mededingingstribunaal.

Die voorwaarde sluit in bepalings vir die beskikbaarstel en lisensiëring van sekere plantmateriaal wat in ’n genetiese materiaallys voorkom, wat Dow die reg het om te lisensieer aan enige persoon, firma of lisensiehouer in Suid-Afrika, behalwe Monsanto, op ’n nie-eksklusiewe basis en op voorwaardes wat billik, redelik en nie-diskriminerend vir enige lisensiehouer is.

Om die Mededingingskommissie se kommer te stil rakende die vermindering van ’n mededingende mark vir plaasbestryding vir plantvretende insekte vir sitrus in Limpopo, die Wes-Kaap, Mpumalanga, die Oos-Kaap, Kwazulu-Natal en die Noord-Kaap; sagte vrugte in die Wes-Kaap, Noord-Kaap, Limpopo, Oos-Kaap, en Noordwes; en tamaties in Limpopo, Mpumalanga en die Oos-Kaap, asook vir groente landwyd, sal DuPont sy plaagbeheerbesigheid in Suid-Afrika verkoop.

Die Tribunaal sal die redes waarom hy hierdie weg gekies het, binnekort bekendmaak.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.47
-2.2%
Rand - Pond
21.05
+0.1%
Rand - Euro
18.91
-0.2%
Rand - Aus dollar
12.09
+0.1%
Rand - Jen
0.13
+0.1%
Platinum
974.02
-5.0%
Palladium
1,623.95
-2.8%
Goud
1,865.16
0.0%
Silwer
22.35
0.0%
Brent-ruolie
79.94
-2.8%
Top-40
74,082
+0.6%
Alle aandele
80,241
+0.6%
Hulpbronne 10
75,186
+0.7%
Industriële 25
103,461
+0.8%
Finansiële 15
16,550
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wees net jouself
Wil graag die mooi in die lewe deel met iemand. Ek het n baie mooi hart so ontdek dit. Ek lewe voluit en maak die beste van die lewe.
Betroubare opregte mense is n maklike humoristiese mens en kom
Ek is n Vriendelike omgee mens met hope humor en Bae liefde vir my medemens. Geniet die buite lewe en vang graag vis en Kamp graag. H
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot