AFGRI
BEAN
19 Okt
-
6607
0,00
CORN
19 Okt
-
3077
-8,00
SOYA
19 Okt
-
7170
-35,00
SUNS
19 Okt
-
10812
162,00
WEAT
19 Okt
-
5730
-12,00
WMAZ
19 Okt
-
3177
-23,00
YMAZ
19 Okt
-
3339,8
-16,20
AMT
Beeste A2/3
15 Okt
-
52,8
-0,02
Beeste AB2/3
15 Okt
-
51,31
-0,01
Beeste B2/3
15 Okt
-
48,96
-0,01
Beeste C2/3
15 Okt
-
45,22
-0,01
Bevrore Hoender
15 Okt
-
29,38
0,00
Bokkies (onder 30 kg)
15 Okt
-
70,93
-0,02
Bokooie
15 Okt
-
48,66
-0,06
Groot (meer as 40 kg)
15 Okt
-
45,81
-0,06
Hoender (IQF)
15 Okt
-
27,14
-0,01
Medium (30-40kg)
15 Okt
-
54,22
0,00
Skaap A2/3
15 Okt
-
83,02
0,03
Skaap AB2/3
15 Okt
-
76,42
0,01
Skaap B2/3
15 Okt
-
70,77
0,02
Skaap C2/3
15 Okt
-
66,17
0,04
Speenkalf
15 Okt
-
39,71
-0,04
Spekvarke
15 Okt
-
26,67
-0,01
Stoorlammers
15 Okt
-
44,17
0,02
Varkwors
15 Okt
-
22,08
-0,01
Vars Hoender
15 Okt
-
31,07
0,00
Vleisvarke
15 Okt
-
28,47
-0,01
Wol (skoon)
15 Okt
-
163,22
0,00

Drankbedryf wil met Ramaphosa praat oor derde golf

akkreditasie
Ter illustrasie. Foto: Neville Lockhart
Ter illustrasie. Foto: Neville Lockhart
Drankhandelaars in Suid-Afrika het ’n vergadering met pres. Cyril Ramaphosa aangevra om oplossings te bespreek om die derde golf van Covid-19-besmettings in Suid-Afrika hok te slaan, sonder dat die drankbedryf benadeel word.

Die nasionale drankhandelsraad en die drankhandelaarsvereniging het gesamentlik versoek dat die regering drankhandelaars betrek wanneer hy besluite neem wat ’n impak op die drankbedryf kan hê. Hulle wil ook verseker dat dié besluite deur wetenskaplike bewyse ondersteun word.

“Een van die belangrikste lesse wat ons geleer het, is dat ons Covid-19 kan beveg sonder om die ekonomie so erg te benadeel,” sê mnr. Lucky Ntimane, sameroeper van die nasionale drankhandelaarsvereniging, in ’n skrywe.

“Waar ekonomiese aktiwiteite beperk moet word, moet dit helder uiteengesit word met duidelike einddatums of ten minste kriteria oor die besmettingskoers. Só kan besighede beplan pleks daarvan om deur onbepaalde ontwrigting in die gesig gestaar te word. Dis moeilik om te bestuur en lei tot groter sake-ellende en werksverliese.”

Ntimane gee die versekering die drankbedryf sal sy deel doen om die verspreiding van Covid-19 te keer.

Die nasionale drankhandelsraad en die drankhandelaarsvereniging verteenwoordig saam bykans 40 000 drankafsetpunte wat tavernes en drankwinkels insluit. Meer as 282 000 mense word deur die ondernemings in diens geneem.

Die alkoholbeleidsalliansie van Suider-Afrika (Saapa) het egter al middel Mei gevra dat die regering in reaksie op die dreigende derde Covid-19-golf alkoholbeperkings instel. Hy glo dit sal druk op hospitale verlig en die besmettingskoers laag hou.

“Dit sal lewens red en dit onnodig maak om strenger noodmaatreëls in te stel, soos ’n algehele alkoholverbod wat vermybare ekonomiese probleme kan veroorsaak,” lui Saapa se verklaring.

Alkoholbedryf help waar hy kan

Mnr. Sibani Mngadi, voorsitter van Salba (die vereniging vir drankhandelsmerkeienaars), meen egter dié beroep is “steurend”, aangesien Saapa nog “geen bydrae gelewer het tot die nasionale Covid-19-reaksie nie”.

“Die alkoholbedryf het meer as 200 miljoen liter suiwer alkohol geskenk toe daar ’n tekort aan handreiniger in Suid-Afrika was. Ons het die regering gehelp om persoonlike beskermende toerusting en ander goedere vir hospitale te kry. Ons het gemeenskapspatrolleerders gehuur om seker te maak afsetpunte hou by Covid-19-protokolle en ons het restaurante, kroeë en tavernes finansieel bygestaan.”

Volgens hom het die bedryf al talle aanbevelings vir die regering gemaak (deur Nedlac) oor hoe om ’n toename in besmettings te hanteer.

“Ons sal aanhou om saam met die regering te werk in ’n poging om lewens te red, maar terselfdertyd wil ons die miljoene werkgeleenthede in die alkoholwaardeketting beskerm.”

Die bedryf het tot dusver meer as R36,3 miljard se verkope verloor. Die staatskas is R8,7 miljard kwyt aan aksynsbelasting en R29,3 miljard aan belastinginkomste. Dit was die gevolg van die afgelope drie alkoholverkoopsverbiedinge.

“Inentings gaan die uiteindelike oplossing wees, sodat die ekonomie kan herstel. Dit verg egter dringendheid in die uitrolprogram en die bedryf het al herhaaldelik gesê ons is bereid om logistieke bystand te verleen om dié enorme taak aan te pak.”
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
14.57
+0.7%
Rand - Pond
20.08
+0.1%
Rand - Euro
16.98
+0.3%
Rand - Aus dollar
10.88
-0.1%
Rand - Jen
0.13
+0.5%
Goud
1,779.33
+0.8%
Silwer
23.71
+2.2%
Palladium
2,083.00
+2.9%
Platinum
1,052.83
+1.5%
Brent-ruolie
84.33
-0.6%
Top-40
60,320
+0.4%
Alle aandele
66,912
+0.4%
Hulpbronne 10
64,002
+1.0%
Industriële 25
84,631
+0.3%
Finansiële 15
13,990
-0.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
1Korinthiers 13
Ek is glad nie jaloers of clingy nie, maar moenie my n rede glo nie die seding is as volg: as daar n romie is is daar n vuur, so as ek vernoed jy hou jou opsies oop sal ek...
Vrede begin met n glimlag
Ek is n ma en n ouma van 2 my grootste liefde, ek is n mense mens baie lief vir lek lag kuier met vriende en familie. Gee baie om vir my mede mens lief vir kos maak en dans is...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot