AFGRI
BEAN
20 Mrt
-
10116
0,00
CORN
20 Mrt
-
4609
0,00
SOYA
20 Mrt
-
9375
0,00
SUNS
20 Mrt
-
10040
0,00
WEAT
20 Mrt
-
6639
0,00
WMAZ
20 Mrt
-
4153
0,00
YMAZ
20 Mrt
-
4201
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Mrt
-
171,8
0,00
Ave Wool - RWS
10 Mrt
-
185,09
0,00
Beeste A2/3
10 Mrt
-
54,09
-0,11
Beeste AB2/3
10 Mrt
-
52,37
-0,58
Beeste B2/3
10 Mrt
-
49,71
0,11
Beeste C2/3
10 Mrt
-
48,2
-0,33
Bevrore Hoender
10 Mrt
-
33,07
0,10
Bokkies (onder 30 kg)
10 Mrt
-
47,59
-0,54
Bokooie
10 Mrt
-
35,3
-1,14
Groot (meer as 40 kg)
10 Mrt
-
37,88
1,68
Hoender (IQF)
10 Mrt
-
32,24
0,03
Medium (30-40kg)
10 Mrt
-
42,34
-2,27
Pork Average
10 Mrt
-
33,17
1,14
Poultry Average
10 Mrt
-
33,05
0,06
Skaap A2/3
10 Mrt
-
85,28
2,47
Skaap AB2/3
10 Mrt
-
82,03
0,96
Skaap B2/3
10 Mrt
-
66,9
-2,58
Skaap C2/3
10 Mrt
-
63,53
1,95
Speenkalf
10 Mrt
-
33,23
-0,88
Spekvarke
10 Mrt
-
34,32
0,27
Stoorlammers
10 Mrt
-
38,83
-0,15
Varkwors
10 Mrt
-
26,35
0,98
Vars Hoender
10 Mrt
-
33,85
0,06
Vleisvarke
10 Mrt
-
33,05
1,29
Deel

Drankreus is trekpleister vir Pioneer

Die rede waarom Pioneer Foods die drankmaatskappy KWV wil koop, is om toegang te kry tot die “goeie, ou handelsmerke” en ’n groter uitvoerbasis.

Die rede waarom Pioneer Foods die drankmaatskappy KWV wil koop, is om toegang te kry tot die “goeie, ou handelsmerke” en ’n groter uitvoerbasis.

’n Omsigtigheidsaankondiging op 29 Oktober het ’n einde gebring aan gerugte dat die voedselreus voelers uitgesteek het na die KWV.

Die Mededingingskommissie se uitspraak het Pioneer Foods nie gepootjie nie. Hy het aangedui hy stel ondanks die verhoogde boete van R500 miljoen steeds belang in die KWV, wat reeds in 1918 as maatskappy geregistreer is.

Volgens bespiegelinge in die media sal dit Pioneer Foods tot R800 miljoen kos om die KWV te koop. KWV-aandeelhouers kan volgens die gerugte die ekwivalent van R12 van Pioneer Foods kry vir elke KWV-aandeel wat hulle hou.

Mnre. André Hanekom, besturende direkteur van Pioneer Foods, en Thys Loubser, uitvoerende hoof van die KWV, het egter aan Landbouweekblad gesê dit is nog te vroeg om oor bedrae te praat.

Ondersoek eers

“Ons is nog besig met die ondersoek. Die aanbod sal eers later gemaak word. Daar is nog nie op ’n finale prys besluit nie,” het Hanekom gesê.

Pioneer Foods het tans net een alkoholiese handelsmerk (Hooch). Hanekom sê hulle het nie noodwendig daarin belang gestel om hul afdeling vir alkoholiese drank uit te brei nie, maar het eerder die geleenthede raakgesien wat die KWV vir hulle inhou.

“Die KWV het ou, bekende handelsmerke en is groot ten opsigte van uitvoer. Dit sal aan ons ’n groter uitvoerbasis gee.” Hy sê indien die transaksie suksesvol is, sal die KWV in die Ceres-divisie van Pioneer Foods opgeneem word.

Loubser sê “dit is die moeite werd” om Pioneer Foods se aanbod te oorweeg, maar hy sal omsien na die belange van die besigheid en die belanghebbendes én veg vir die grootste koopsom moontlik.

Loubser sê daar is baie emosies in boeregeledere sedert die onderhandelinge bekend geword het. Sy boodskap aan boere was dat hierdie ’n geleentheid is vir ’n besigheid “wat besig is om mooi reg te kom” en dat dit minstens oorweeg moet word pleks van om dit bloot die rug te keer.

8 November 2010

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.56
-0.2%
Rand - Pond
22.67
+0.3%
Rand - Euro
19.98
-0.6%
Rand - Aus dollar
12.38
+0.5%
Rand - Jen
0.14
+0.7%
Platinum
972.21
-1.2%
Palladium
1,397.84
-1.3%
Goud
1,940.50
-1.9%
Silwer
22.39
-0.7%
Brent-ruolie
73.79
+1.1%
Top-40
68,799
0.0%
Alle aandele
74,271
0.0%
Hulpbronne 10
65,660
0.0%
Industriële 25
99,818
0.0%
Finansiële 15
15,066
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Leweslustig ,Geniet die lewe
Lewenslustig. Hou van 4×4. Asook kamp. Dans graag. Baie vriendelik en spontaan. Diere tans friesperde asook miniatuurperde en 3 yorkies. Braai graag asook fliek en vertonings...
As ons nie ontmoet nie, sal ons nie weet nie.
Hierdie is altyd vir my 'n moeilike een. Hier kan ons onsself inkleur met die mooiste potlode. Google kan selfs genader word vir 'n oulike beskrywing, ek verkies om die persoon...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot