AFGRI
BEAN
06 Okt
-
8950
-77,00
CORN
06 Okt
-
4826
31,00
SOYA
06 Okt
-
9530
265,00
SUNS
06 Okt
-
10490
208,00
WEAT
06 Okt
-
7206
14,00
WMAZ
06 Okt
-
5058,8
98,80
YMAZ
06 Okt
-
4948,2
74,20
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Droë, moeilike seisoen, tog goeie wyn

Wynmakers is vol hoop dat dié oesjaar uitstekende wyne gaan oplewer

Hoewel die droogte op plekke tot 70% van die wyndruifoes ingesluk het, is wynmakers vol hoop dat die oesjaar uitstekende gehalte wyne gaan oplewer.

Mnr. Erhard Wolf, bestuurder van Distell se druiwe- en wynvoorraad, sê die afgelope oes was een van die warmste, droogste en moeilikste jare. In die kusstreke was die opbrengs tot 20% minder.

“Die oes was op plekke tot 70% kleiner. Droëlandwingerde is die kwaaiste geraak. Die grootste impak was in die Swartland, in dele soos Darling, maar ook in Stellenbosch en Noorder-Paarl, waar boere nie toegang tot water gehad het nie.”

Wolf sê op Papkuilsfontein, een van die maatskappy se plase naby Darling, was die droogte só erg dat wingerdstokke gevrek het.

Wingerd is gehard, kan oorleef

“Ons het nie eers probeer oes nie, ons het net die stokke probeer red. Wingerd is ontsettend gehard en sal ’n droogte oorleef, maar daar kan op die lang duur ’n invloed op die opbrengs wees. Die herstel is ook nie binne een jaar nie, maar duur minstens twee tot drie jaar mits die seisoene weer goed is.”

Hy het gewaarsku dat as El Niño-toestande voortduur en die winterreënval swak is, sal selfs die besproeiingsgebiede volgende jaar ly.

Op plekke soos Durbanville was die opbrengs egter soos gewoonlik en in die Klein-Karoo en dele van die Robertson-streek, wat goeie reën gekry het, was die oes selfs gemiddeld 8% hoër.

Distell produseer net minder as ’n derde van al die wyn in die land. Wolf sê dit het gehelp dat hulle druiwe vanaf ’n breë front kry – van die Kaapse kusgebiede tot langs die Oranjerivier.

Beweegruimte

“Ons het beweegruimte om op uiteenlopende klimaatstoestande te reageer. Ander bronne van organies gekweekte druiwe het ook vir tekorte vergoed. Dié druiwe kom van gebiede met ’n betreklik droëklimaat, maar met toegang tot water.”

Volgens mnr. Francois Viljoen, bestuurder van wingerdboukundige dienste by VinPro, stel die bedryf eers einde van die maand sy oesverslag vry.

“Dit lyk egter nie oral sleg nie. Op plekke soos Robertson, Worcester en die Breedekloof lyk dit selfs beter, danksy die suidoos-reën. Die skeiding kom egter van Elgin af langs die kus tot by Darling. Op plekke is die oes tussen 20% en 50% af, afhangend van hoeveel water die boere beskikbaar gehad het om te besproei”.

Hy sê die hitte en die watertekorte het saamgespan om toestande te bemoeilik. “Ons het in Oktober al kwaai hitte in die blomtyd gehad. Die stok sluit homself dan basies om te oorleef en om te herstel moet daar water beskikbaar wees, anders gaan die fabriek nie ten volle werk nie. Dis hoekom die korrels klein en lig gebly het.”

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.84
-0.4%
Rand - Pond
20.11
+0.1%
Rand - Euro
17.64
-0.4%
Rand - Aus dollar
11.55
-0.1%
Rand - Jen
0.12
-0.3%
Goud
1,716.15
-0.0%
Silwer
20.55
-0.5%
Palladium
2,273.50
+0.7%
Platinum
924.00
+0.2%
Brent-ruolie
93.37
+1.7%
Top-40
59,628
+0.7%
Alle aandele
66,032
+0.6%
Hulpbronne 10
63,263
-0.7%
Industriële 25
80,386
+1.5%
Finansiële 15
14,077
+0.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Opsoek na my Bokkie Kom huis toe
Ek is eerlik haat ñ geliegery is opreg what you see is what you get plus more, try me you wish you met me sooner
Sterrekyker
Ongekompliseerd, eerlik, opreg, liefdevol. Wat jy sien is wat jy kry. Stel gewoonlik ander voor myself. My familie en naby vriende is baie belangrik vir my, en ek sal enigiers...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot