AFGRI
BEAN
23 Sep
-
9590
0,00
CORN
23 Sep
-
4825
0,00
SOYA
23 Sep
-
9400
0,00
SUNS
23 Sep
-
10278
0,00
WEAT
23 Sep
-
6944
0,00
WMAZ
23 Sep
-
4799
0,00
YMAZ
23 Sep
-
4724
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
02 Sep
-
160,22
-6,09
Ave Wool - RWS
02 Sep
-
172,22
-2,54
Beeste A2/3
09 Sep
-
60,85
0,17
Beeste AB2/3
09 Sep
-
57,75
1,15
Beeste B2/3
09 Sep
-
54,25
1,40
Beeste C2/3
09 Sep
-
47,55
-3,29
Bevrore Hoender
09 Sep
-
30,74
-0,28
Bokkies (onder 30 kg)
09 Sep
-
69,19
-6,29
Bokooie
09 Sep
-
48,38
2,60
Groot (meer as 40 kg)
09 Sep
-
43,39
-0,62
Hoender (IQF)
09 Sep
-
29,41
-0,82
Medium (30-40kg)
09 Sep
-
58,81
5,73
Pork Average
09 Sep
-
27,04
-0,18
Poultry Average
09 Sep
-
30,52
-0,51
Skaap A2/3
09 Sep
-
97,84
2,27
Skaap AB2/3
09 Sep
-
86,98
0,98
Skaap B2/3
09 Sep
-
81,06
1,29
Skaap C2/3
09 Sep
-
76,61
1,55
Speenkalf
09 Sep
-
36,15
-1,44
Spekvarke
09 Sep
-
27,62
-0,36
Stoorlammers
09 Sep
-
44,2
0,90
Varkwors
09 Sep
-
22,17
-0,23
Vars Hoender
09 Sep
-
31,4
-0,43
Vleisvarke
09 Sep
-
27,02
-0,15

Droëbone onder druk ondanks hoër prys

Droëboonboere se winsgewendheid bly onder druk en vanjaar se aanplantings is amper 50% kleiner as verlede seisoen.

Die plaashekprys vir droëbone het gestyg, maar dit behoort nie so drasties soos die mielieprys te wees nie en produsente se winsgewendheid bly onder druk, het mnr. Chris Kleingeld, hoofbestuurder van die Droëboneprodusente-­organisasie (DPO), op ’n boeredag van mnr. Gideon Anderson op die plaas Zonnebloem by Middelburg (Mpumalanga) gesê.

Slegs 34 900 ha droëbone is hierdie somer in Suid-­Afrika geplant, wat bykans die helfte minder as verlede seisoen se 64 000 ha was, grootliks te wyte aan die droogte en min besproeiingswater in sommige besproeiingsgebiede soos Loskop. Dit is die kleinste aanplanting sedert 2006.

Die oes kan volgens die oesskattingskomitee 40 895 ton beloop en die gemiddelde oes 1,2 ton/ha, maar Kleingeld beraam die oes op 20 000 ton minder en die opbrengs op onder een ton/ha, omdat baie aanplantings laat was en rypskade kan voorkom. Die oes se grootte kan dus ver onder 2007 se klein oes van 35 290 ton wees.

Die oesskattingskomitee se beraming van die oes is 28 325 ton rooi gespikkelde bone (31% minder as verlede jaar), 11 040 ton klein wit inmaakbone (63% minder), 1 080 ton groot wit nierbone (14% minder) en 450 ton ander bone (40% minder).

Die verbruik gaan vanjaar na skatting 110 000 ton beloop. Dus sal baie bone ingevoer moet word. Verlede jaar het die invoere 71 898 ton beloop. Die meeste droëbone het vanaf China (40%) gekom. Die ander invoere was vanaf Kanada (14%), Italië (8%), Ethiopië (5%), Amerika en Djiboeti (4% elk), Oekraïne (3%) en Pole (2%). Die res kom van ander lande.

Kleingeld het gesê die prys is weens die kleiner oes hoër as verlede seisoen en kan selfs meer as R16 000/ton beloop, nadat die plaashekprys sedert 2014 onder druk was en dikwels onder R12 000 gedaal het.

“Die droëboonprys sal nie so drasties soos die mielieprys styg nie, omdat die mark nie ’n aptyt vir risiko’s het nie. Oesfinansiering en die betogings speel ook ’n rol om die prys onder druk te plaas,” het hy gesê.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.93
-1.8%
Rand - Pond
19.45
-0.0%
Rand - Euro
17.37
-0.0%
Rand - Aus dollar
11.70
-0.0%
Rand - Jen
0.13
-0.0%
Goud
1,643.66
0.0%
Silwer
18.87
0.0%
Palladium
2,073.00
0.0%
Platinum
858.50
0.0%
Brent-ruolie
86.15
-5.0%
Top-40
57,110
-3.1%
Alle aandele
63,417
-2.9%
Hulpbronne 10
56,319
-7.5%
Industriële 25
78,436
-1.2%
Finansiële 15
14,142
-1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Net een lewe doen dit volheid
Ek soek na Liefde en harmonie, Ek is mal oor reís Lief vir golf speel en gym Om met vriende en Familie sosiaal te wees
Kom ons begin om n "chapter" te skryf
Ek wonder soms of dit die moeite werd is om my te leer ken. maar. dit is verseker! Gee dit n kans.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot