AFGRI
BEAN
30 Sep
-
9390
34,00
CORN
30 Sep
-
4810
22,00
SOYA
30 Sep
-
9520
128,00
SUNS
30 Sep
-
10240
35,00
WEAT
30 Sep
-
7115
15,00
WMAZ
30 Sep
-
4926
34,00
YMAZ
30 Sep
-
4839
46,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Droëvrugtebedryf kan nie loon oorleef

SA se droëvrugtebedryf gaan dieselfde roete as Australië s’n loop weens die onbekostigbare minimumloon, vertel ’n boer.

“Hierdie loonverhoging gaan uiteindelik ’n beleid van verskroeide aarde wees,” sê mnr. Johannes Fourie, ’n droëvrugte-en-wingerdboer van Groblersdal. Hy sê die verhoging in die minimumloon kan lei tot die ondergang van die droëvrugtebedryf in die land.
 
Fourie se voorspelling is gegrond op gebeure in Australië. ’n Tekort aan arbeid het daartoe gelei dat dié land se droëvrugteproduksie oor sowat vyf jaar van 120 ton per jaar tot sowat 7 ton per jaar gedaal het. “Ons glo vraag en aanbod bepaal jou prys, maar as jy nie genoeg werkers kan bekostig nie, is jou lewering laer en dit kan die ondergang van die bedryf beteken.”
 
Na verwagting sal die derde van die bedryf wat die sterkste is, die nuwe loon sowat ’n jaar of wat kan bekostig, waarna dié produsente ook onder die druk sal vou. Mnr. Johan van Rensburg, hoof uitvoerende beampte van Agir Noord-Kaap, sê hulle verwag dat afleggings sal plaasvind. “Boere moet realistiese ekonomiese besluite neem om te oorleef. Die armoede en werkloosheid wat daaruit voortspruit, lê ons voor die deur van die Regering, nié die boere nié!”
 
Moenie betaal nie
Volgens Fourie moet boere aan die Regering sê dat hulle nie die nuwe minimumloon gaan betaal nie, “want dit sal die begin van die einde wees.”
 
Die Fourie-boerdery bedryf al meer as 12 jaar ’n gemeenskapsprojek op hul plaas. Daarvolgens is sowat 90 ha van die plaas aan die werkers gegee, waarop wingerd, pekanneute en wisselbougewasse verbou word. Altesaam 58 begunstigdes is deel van die projek en hulle besit 58% van die maatskappy wat daarvoor gestig is. “Ons staan nie ongevoelig teenoor werkers nie. Inteendeel ons probeer hulle help sover as wat ons kan, maar ons kan nie ’n loonverhoging van 52% bekostig nie,” aldus Fourie.
 
Die bedryf verdien jaarliks sowat R1 miljoen se buitelandse valuta vir die land. Fourie sê vir elke R200 000 kapitaal wat in die bedryf belê word, word sewe werksgeleenthede geskep. Sowat 100 000 werkers werk tans in dié bedryf en in wingerde langs die Oranjerivier.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.10
-0.8%
Rand - Pond
20.18
-1.2%
Rand - Euro
17.73
-0.7%
Rand - Aus dollar
11.57
+0.8%
Rand - Jen
0.12
-0.5%
Goud
1,662.33
+0.1%
Silwer
19.03
+1.1%
Palladium
2,167.00
-1.8%
Platinum
864.26
-0.4%
Brent-ruolie
88.49
-0.9%
Top-40
57,390
+0.8%
Alle aandele
63,726
+0.7%
Hulpbronne 10
60,230
+0.7%
Industriële 25
77,400
+0.8%
Finansiële 15
13,796
+0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
soek omgee maatjie, saam rondloop maatjie, sommer stilsit maatjie
Probeer hard om 'n ware omgee christen te wees wat graag deel. Kan skuins snaaks wees en geniet goeie gesels met iemand wat ook met woorde kan speel.
Dit is tyd om my horisone te verbreedt
Ek is vriendelik, aantreklik werk baie hard en verdien n bietjie geluk in die lewe. Ek is baie romanties maar deur die jare het dit by die afterdeur uitgegaan.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot