AFGRI
BEAN
30 Sep
-
9390
34,00
CORN
30 Sep
-
4810
22,00
SOYA
30 Sep
-
9520
128,00
SUNS
30 Sep
-
10240
35,00
WEAT
30 Sep
-
7115
15,00
WMAZ
30 Sep
-
4926
34,00
YMAZ
30 Sep
-
4839
46,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Droewige prentjie oor water, swart boere

Die Regering se plan om meer swart boere te vestig, word gekortwiek deur onvoldoende steun, asook minder grond vir besproeiing.

Minder landbougrond onder besproeiing as wat die Nasionale Ontwikkelingsplan (NOP) aanbeveel, en ondersteuningsprogramme vir swart boere wat onvoldoende is, is die harde werklikheid waarmee die Regering se plan vir voedselsekuriteit deur die vestiging van meer swart boere gekonfronteer word.

Die Departement van Monitering en Evaluering in die Presidensie het hierdie wanhopige boodskap aan die Parlement se portefeuljekomitee vir landbou, bosbou en visserye oorgedra. Die NOP wys dat deur so min as 145 000 hektaar bykomende landbougrond onder besproeiing te plaas, ’n miljoen werke geskep kan word.

Dr. Tsakani Ngomane, adjunkdirekteur-generaal vir landelike ontwikkeling en omgewingskwessies in die Presidensie, sê dit is in die belang van voedselsekuriteit dat die toestaan van water herprioritiseer word sodat dit na die landbou kan gaan.

 50 000 hektaar in ou tuislande

Volgens die NOP is daar ruimte om die altesaam 1,5 miljoen hektaar landbougrond wat onder besproeiing is, met 500 000 hektaar uit te brei. Van dié 1,5 miljoen hektaar is sowat 50 000 hektaar tans onder besproeiing in die voormalige tuislande.

Maar, alle aanduidings is dat die teiken om 500 000 hektaar onder besproeiing te plaas, nie werklikheid sal kan word nie.

Ngomane sê die Buro vir Voedsel- en Landboubeleid meen dat weens die droogte dit meer realisties is om 145 184 hektaar onder besproeiing te plaas.

Nasionale strategie

Die Departement van Water en Sanitasie dui egter weer in sý nasionale waterstrategie aan dat daar slegs water beskikbaar is om ’n bykomende 80 000 hektaar onder besproeiing te plaas.

Die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye se somme, gebaseer op die beskikbare waterhulpbronne en grond geskik vir besproeiing, dui weer aan dat slegs 35 000 hektaar landbougrond verder deur besproeiing ontwikkel kan word.

Steun vir boere gefragmenteer

Ondersteuningsprogramme vir boere is gefragmenteer en het nie juis ’n impak nie.

“Die resultaat is dat minder as ’n vyfde of 16,9% Suid-Afrikaanse huishoudings in 2015 by landbouproduksie betrokke was.”

Ngomane wys uit dat baie van die grond wat bekom is vir die ontwikkeling van swart boere steeds onbewerk is. Die vraag wat hieruit voortspruit, is of die ondersteuningsprogramme voldoende is. Die departemente belas met landbou en landelike ontwikkeling sal hierdie soort vrae in die Parlement moet beantwoord wanneer hulle departemente se begrotingshersienings bespreek word.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.10
-0.8%
Rand - Pond
20.18
-1.2%
Rand - Euro
17.73
-0.7%
Rand - Aus dollar
11.57
+0.8%
Rand - Jen
0.12
-0.5%
Goud
1,662.33
+0.1%
Silwer
19.03
+1.1%
Palladium
2,167.00
-1.8%
Platinum
864.26
-0.4%
Brent-ruolie
88.49
-0.9%
Top-40
57,390
+0.8%
Alle aandele
63,726
+0.7%
Hulpbronne 10
60,230
+0.7%
Industriële 25
77,400
+0.8%
Finansiële 15
13,796
+0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
soek omgee maatjie, saam rondloop maatjie, sommer stilsit maatjie
Probeer hard om 'n ware omgee christen te wees wat graag deel. Kan skuins snaaks wees en geniet goeie gesels met iemand wat ook met woorde kan speel.
Dit is tyd om my horisone te verbreedt
Ek is vriendelik, aantreklik werk baie hard en verdien n bietjie geluk in die lewe. Ek is baie romanties maar deur die jare het dit by die afterdeur uitgegaan.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot