
Suid-Kaapse boere is steeds in ’n knellende droogte vasgevang hoewel buie reën onlangs plek-plek verligting gebring het. Dele wat veral gebuk gaan onder die droogte is Heidelberg en Swellendam.
Volgens mnr. Henry Gale, bestuurder van graan by Sentraal-Suid Koöperasie Bpk, het die laaste noemenswaardige bui reën middel-Mei uitgesak en sowat 20 mm reën is aangeteken.
In die Suid-Kaap, wat strek van Riviersonderend tot Riversdal, is vanjaar hoofsaaklik kanola, gars en koring gesaai. ”Ons het beslis nog reën nodig, maar baie van die oeste is reeds té ver gevorder en ditsal nie ’n merkbare verskil maak nie. Boere wat laat gesaai het sal egter hierby kan baat vind, maar dan sal dit nog moet reën, sê Gale.
Gale is egter optimisties en voorsien steeds ’n gemiddelde oes. “Party plekke het skade opgedoen, maar oor die algemeen lyk die oes goed,” sê hy.