AFGRI
BEAN
01 Des
-
7443
0,00
CORN
01 Des
-
3693,68
0,00
SOYA
01 Des
-
7497
0,00
SUNS
01 Des
-
11232
0,00
WEAT
01 Des
-
6120
0,00
WMAZ
01 Des
-
3360
0,00
YMAZ
01 Des
-
3630
0,00
AMT
Beeste A2/3
19 Nov
-
53,63
-0,61
Beeste AB2/3
19 Nov
-
52,36
-0,27
Beeste B2/3
19 Nov
-
49,93
-0,39
Beeste C2/3
19 Nov
-
45,77
-1,34
Bevrore Hoender
19 Nov
-
28,97
0,09
Bokkies (onder 30 kg)
19 Nov
-
67,06
4,88
Bokooie
19 Nov
-
45,82
0,53
Groot (meer as 40 kg)
19 Nov
-
41,22
-4,20
Hoender (IQF)
19 Nov
-
26,15
-1,27
Medium (30-40kg)
19 Nov
-
53,18
-4,22
Pork Average
19 Nov
-
28,19
-0,22
Poultry Average
19 Nov
-
28,45
-0,37
Skaap A2/3
19 Nov
-
84,77
-0,53
Skaap AB2/3
19 Nov
-
75,76
-0,93
Skaap B2/3
19 Nov
-
71,89
-0,34
Skaap C2/3
19 Nov
-
70,02
0,06
Speenkalf
19 Nov
-
41,47
0,33
Spekvarke
19 Nov
-
29,28
-0,13
Stoorlammers
19 Nov
-
45,93
1,54
Varkwors
19 Nov
-
23,47
-0,03
Vars Hoender
19 Nov
-
30,25
0,07
Vleisvarke
19 Nov
-
28,07
-0,37
Wol (skoon)
19 Nov
-
170,08
-5,21

Droogte: Boere in Klein Karoo vra rampverklaring

akkreditasie
Só lyk dit ná ses jaar se droogte in die Klein-Karoo. Foto: Johan Saayman
Só lyk dit ná ses jaar se droogte in die Klein-Karoo. Foto: Johan Saayman
In ’n desperate hulpkreet het boere in die Klein-Karoo die burgemeesters van die Oudtshoorn-, George- en Kannaland-munisipaliteit gevra om weens die verwoestende gevolge van die droogte die streek tot droogterampgebied te verklaar.

Die gebied strek vanaf Bo-Kamanassie tot by Calitzdorp.

Mnr. Laubscher Coetzee, die Klein-Karoo se streeksverteenwoordiger by Agri Wes-Kaap, sê die gebied is ’n paar jaar gelede saam met die res van die Wes-Kaap tot droogterampgebied verklaar, maar toe die damme naby die Kaapse metropool en ander gebiede weer vol geraak het, is dit drie jaar gelede opgehef, sonder dat die Klein-Karoo oor sy voortgesette droogte geraadpleeg is.

Die gebied is nou in sy sesde jaar van droogte. Ná ’n bietjie reën in Mei lyk die veld groen, maar dis ’n groen droogte, want die Stompdriftdam se vlak staan op 7% en die Kamanassiedam s’n op 0%.

Ná Mei se 20 mm tot 50 mm op sommige plekke, “het boere in geloof baie gesaai. Dit het pragtig opgekom, maar opvolgreën is nou nodig. Nie 10 mm nie, maar 40 mm tot 50 mm, en in die berge het ons minstens 100 mm nodig.”

Die afgelope paar jaar het dit te min in die berge gereën, sodat takriviere nie tot in die Olifantsrivier loop nie, wat die Stompdrift-Kamanassie-besproeiingskema voed.

Die skema beslaan 13 500 ha. Produsente plant hier hoofsaaklik lusern. “Ons produseer 90% van Suid-Afrika se lusernsaad. In vorige spitstye het ons 500 t/jaar geproduseer. Nou is dié saad so skaars soos hoendertande. Verlede jaar het ons produksie so gevat-vat aan 50 ton.”

Veeboere hou volstruis, skaap en tot mindere mate bees in die dele naby die berge aan. 

droogte dam
Die Kamanassiedam in die Klein-Karoo is kurkdroog. Foto: Laubscher Coetzee
droogte kanaal
’n Droë kanaal in die Klein-Karoo. Foto: Laubscher Coetzee
droogte landery
Landerye in die Klein-Karoo waar eens sowat 90% van die land se lusernsaad geproduseer is, staan nou kaal. Foto: Laubscher Coetzee
droogte boom
Bome het weens die droogte in die Klein-Karoo verdor. Foto: Laubscher Coetzee
voor die droogte
Só het ’n lusernland in die Klein-Karoo in Desember 2015, voor die droogte, gelyk. Foto: Laubscher Coetzee

Dubbele slag

Volstruisboere kon die droogte aanvanklik nog deurstaan, want die prys vir vere en leer was redelik goed, maar die covid-19-pandemie het hulle hard geslaan, want verkope vir onder meer die karnavalle in Brasilië het tot stilstand gekom.

Covid-19 het boere ’n verdere slag toegedien omdat toerisme-bedrywighede stopgesit is. Baie boere het hul heil in agritoerisme gaan soek en gastehuise en gasteplase op die been gebring. Covid-19 het die mat onder hulle uitgepluk.

Boere se dringende behoefte is om voer te kan koop, maar hulle het ook hulp nodig vir langtermynoplossings om water, te midde van die veranderende klimaat, beter te berg en benut. “Ons wil nie aldag bakhand staan nie,” sê Coetzee.

Boere beskou die bou van ’n pypleiding om die huidige grondkanale te vervang, as ’n oplossing.

Dan hoef honderde boere nie soos nou op dieselfde tyd water te lei nie, maar elke boer kan lei wanneer nodig. Water sal beter benut kan word, boere sal beter kan beplan en ook langtermyngewasse kan oorweeg.

“Die Kamanassiedam is 100 jaar terug gebou. Dis sekerlik tyd dat ons nou waarde daartoe voeg?” sê Coetzee.

Watersekerheid

Mnr. Gerhard Meyer, bestuurslid van die Stompdrift-Kamanassie-watergebruikersvereniging, sê die watervlak van die Stompdrift- en Kamanassiedam is al vyf jaar lank só laag soos nou.

“Ons moet langtermynkapitaalprojekte aanpak om groter watersekerheid vir die skema te kry. Die skema is nie meer geskik vir die weerpatrone wat die Klein-Karoo die afgelope paar jaar ervaar nie. As daar byvoorbeeld nou ’n vloed sou wees, sal die damme ná twee tot drie dae oorloop en dié water see toe loop. Ons sal die manier en kapasiteit van wateropgaring, asook die verspreiding daarvan moet verander.”

Boere is reeds in gesprek hieroor met die Wes-Kaapse regering. “Dit gaan vinnig opgelos moet word, anders gaan die landbou in die Klein-Karoo nie meer bestaan nie. Dit gaan spanwerk verg. Ons as boere gaan nie agteroorsit en wag dat die regering ons probleem oplos nie,” sê Meyer.

Dr. Ivan Meyer, Wes-Kaapse minister van landbou, het reeds ’n spesiale taakspan aangestel om aan die waterkrisis aandag te gee.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
16.04
-1.0%
Rand - Pond
21.28
-0.7%
Rand - Euro
18.15
-0.8%
Rand - Aus dollar
11.39
-0.6%
Rand - Jen
0.14
-1.3%
Goud
1,781.01
+0.3%
Silwer
22.26
-2.5%
Palladium
1,736.96
-0.3%
Platinum
935.00
-0.6%
Brent-ruolie
69.23
-5.5%
Top-40
64,786
+1.1%
Alle aandele
71,198
+1.0%
Hulpbronne 10
67,859
+0.9%
Industriële 25
93,997
+0.9%
Finansiële 15
13,880
+2.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Vreugde, Lewe, Wyn en Dans
EK is ń man wat vol energie is. My drome is groot en my verwagtinge is hoog. Daar is soveel mooi in wêreld en elkeen het ook sy skop gehad maar ek verkies om na jou...
Die lewe is 'n avontuur. Kom ons geniet dit saam.
Ek is 'n positiewe mens, van nature. Erg oor my kinders, familie en vriende. Gek oor my honde. En diere, die natuur. Hou van reis, en sloertoere. Lief vir kos maak. En...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot