AFGRI
BEAN
28 Sep
-
9423
0,00
CORN
28 Sep
-
4756
0,00
SOYA
28 Sep
-
9247
0,00
SUNS
28 Sep
-
9708
0,00
WEAT
28 Sep
-
7006
0,00
WMAZ
28 Sep
-
4779
0,00
YMAZ
28 Sep
-
4682
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Droogte byt nog hard in Wes-Kaap

Agri Wes-Kaap gee ’n oorsig van die huidige weerstoestande in die provinsie.

Daar is tekens dat die El Niño-weerverskynsel begin verswak, maar die gevolge van laat reën en warm temperature is steeds sigbaar in die huidige primêre produksietydperk van wintergraan- en weidingsgewasse in die Wes-Kaap.

Mnr. Carl Opperman, uitvoerende hoof van Agri Wes-Kaap, sê dit bring sekere uitdagings mee wat bestuur moet word. Daar moet voorsiening gemaaak word vir “genoeg water vir mens en dier vir die huidige en die volgende seisoen, sowel as vir genoeg veevoer om sowel klein- as kommersiële veeprodusente aan die gang te hou”, lui ’n verklaring van die organisasie.

Verdere uitdagings sluit in “potensiële oesverliese en die verlies aan roumateriaal om die waardeketting aan die gang te hou om voedsel vir die verbruiker te produseer; om primêre produsente, sowel as ondernemings wat van primêre produsente afhanklik is, te midde van ekonomies druk aan die gang te hou; om skuld wat vir die nuwe seisoen aangegaan is terwyl daar nog oorlaatskuld van 2015 is”.

“Wintergraanprodusente in die Weskus-distrik, wat reeds tot droogterampgebied verklaar is, is bekommerd nadat die gebied in Mei min tot geen reën gehad het. Die klein persentasie kanola en koring wat opgekom het, het doodgebrand terwyl die meeste koring nog glad nie ontkiem het nie. Lupiene, hawer en korog wat in Mei aangeplant is en plek-plek begin opkom het, is besig om dood te brand, wat veeprodusente wat reeds onder die droogte gebuk gaan, onder druk hou. Heelwat bees- en skaapprodusente in hierdie gebied het hul kuddes al totaal uitverkoop.

“In die Swartland is wintergraanprodusente bekommerd oor die reën wat wegbly. Kanola wat reeds opgekom het, verlep terwyl koring wat reeds opgekom het, water krities nodig het om te oorleef. Veeprodusente kry steeds swaar en weiding wat gesaai is, sukkel vanweë ’n tekort aan vog.

“In die Suid-Kaap het die reën ook begin wegbly nadat graanprodusente in April met aanplantings begin het. Die streek het in Mei geen noemenswaardige reënval gehad nie en reën is krities nodig vir die graan wat begin opkom. Voerskenkings uit die gebied het begin opdroog omdat produsente uit vrees vir ’n tekort aan weiding beskikbare voer vir eie gebruik begin terughou.

“In die Sentraal-Karoo, wat ook as ’n droogterampgebied verklaar is, is produsente in dieselfde benarde posisie en moet hulle vee gevoer word. Reën is krities nodig om deur die winter te kom.”

Mnr. Cornie Swart, voorsitter van Agri Wes-Kaap, sê saaiboere het groot uitgawes aangegaan om gewasse in die grond te kry. “Ons gesaaides kry swaar. Produsente wat nog nie geplant het nie, het bloot nie vanjaar genoeg kapitaal nie. Verlede jaar se slegte oes het ons kapitaal uitgeput,” sê hy.

Hy sê die reën wat wegbly is tragies en dat die potensiaal van beskikbare weiding elke dag swakker word en voer amper onbekostigbaar geword het. “Oor twee weke is ons reeds in die middel van die winter. Die huidige warm toestande veroorsaak ook dat vrugtebome blom voordat hulle behoorlik in ‘n rustydperk kon ingaan. As ons nou ryp kry en die blomme afval, vorm nuwe, tweedegraadse blomme wat swakker kwaliteit vrugte tot gevolg kan hê. In die Weskus-distrik waar temperature steeds hoog is, het wingerde ook al begin bot,” sê hy.

Opperman sê die rimpeluitwerking van die droogte op die totale ekonomie is enorm met “voedselpryse wat styg, voedselinflasie wat toeneem en die landbou se skuld vs batestruktuur wat besig is om negatief te raak”.

“Agri Wes-Kaap en Afasa is in gereelde gesprek met die Departement van Landbou Wes-Kaap en die Ministerie en is deel van ‘n taakspan om die huidige situasie te bestuur, sê hy.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.14
-0.7%
Rand - Pond
19.36
-0.1%
Rand - Euro
17.33
-0.3%
Rand - Aus dollar
11.59
-0.0%
Rand - Jen
0.13
-0.8%
Goud
1,624.05
-0.3%
Silwer
18.14
-1.4%
Palladium
2,068.00
-0.4%
Platinum
846.00
-0.9%
Brent-ruolie
86.27
+2.6%
Top-40
57,621
0.0%
Alle aandele
64,026
0.0%
Hulpbronne 10
56,997
0.0%
Industriële 25
79,272
0.0%
Finansiële 15
14,209
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Bleh
Plat op die aarde tipe mens soek n maatjie om dinge saak te doen🤭🙃en dinge saam meer te geniet
Geloof, Hoop, Liefde
Ek is sag en liefdevol, n omgee en hartsmens, wat lief is vir die natuur, diere, kinders en oumense. Ek hou van lag, selfs vir myself en kan lekker jonk van gees wees en steeds...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot