AFGRI
BEAN
03 Okt
-
9080
-304,00
CORN
03 Okt
-
4881
84,00
SOYA
03 Okt
-
9369,8
-117,20
SUNS
03 Okt
-
10190
-62,00
WEAT
03 Okt
-
7199
84,00
WMAZ
03 Okt
-
4987
59,00
YMAZ
03 Okt
-
4926,2
38,20
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Droogte en invoer knel hoenderbedryf

Die plaaslike hoenderbedryf bevind hom in sy moeilikste tyd tot nog toe, sê mnr. Chris Schutte van Astral.

Die droogte en groot hoeveelhede ingevoerde hoender wat plaaslike pryse afgedruk het, het die Suid-Afrikaanse hoenderbedryf in sy taaiste tyd tot nog toe gedompel.

Só sê mnr. Chris Schutte, uitvoerende hoof van die genoteerde pluimveeprodusent Astral, wie se bedryfswins in die jaar tot 30 September met 50% geval het.

Die groep se inkomste vir die jaar het met 6,1% tot R12 miljard gestyg, maar Schutte het gesê groter verkope in hoender was grotendeels weens hoër voorraadvlakke aan die begin van die boekjaar. Astral het eintlik juis in die twaalf maande op sy hoenderproduksie teruggesny.

Produksiekoste van hoender opgedruk

Hoër voerkoste, weens die droogte, het produksiekoste van hoender opgedruk en dit kon nie in verkoopspryse verhaal word nie.

“Die gemiddelde verkoopsprys van hoender het die afgelope jaar met 0,6% gestyg – ver benede voedselinflasie – omdat verkoopspryse onder enorme druk was weens 'n wanbalans tussen vraag en aanbod,” sê Schutte in 'n verklaring.

Die winsgewendheid van die groep se hoenderafdeling het met 91,1% geval tot R59 miljoen en sy netto bedryfswinsmarge was 0,7%.

Invoer by hoogtepunt

Schutte het gesê in Maart vanjaar het invoer van hoender 'n hoogtepunt van 57 700 ton bereik, gelykstaande aan sowat 10,3 miljoen hoenders, oftewel 55% van Suid-Afrika se weeklikse produksie.

Die SA Pluimveevereniging (SAPV) het by die Kommissie vir Internasionale Handelsadministrasie (Itac) aansoek gedoen om beskermingsmaatreëls teen ingevoerde hoender uit die Europese Unie, maar Schutte sê enige tarief anders as die maksimum van 82% sal waarskynlik nie die hoeveelheid wat ingevoer word, beduidend beïnvloed nie.

Die volle invloed van Amerikaanse invoer kan nog nie gesien word nie, omdat die VSA slegs 33% van sy jaarlikse kwota sonder teenstortingstarief gebruik het.

Inkomste op

Die inkomste van Astral se voerafdeling het met 15,3% tot R7,2 miljard gestyg, regstreeks danksy hoër gemiddelde verkoopspryse vir voer. Verkope het wel met 2,3% gedaal. Die afdeling se bedryfswins het met 14,7% tot R485 miljoen gestyg en sy bedryfswinsmarge was 6,8%.

Dit het nie goed gegaan met Astral se bedrywighede in Zambië en Mosambiek nie. In laasgenoemde het die groot verswakking van die land se geldeenheid tot verliese gelei en in Zambië het kragonderbrekings groot dieselkoste vir kragopwekkers veroorsaak.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.84
+1.3%
Rand - Pond
20.20
-0.2%
Rand - Euro
17.54
+0.8%
Rand - Aus dollar
11.63
-0.4%
Rand - Jen
0.12
+1.2%
Goud
1,699.36
+2.3%
Silwer
20.69
+8.7%
Palladium
2,225.50
+2.7%
Platinum
904.00
+4.6%
Brent-ruolie
85.14
-2.4%
Top-40
57,850
+0.8%
Alle aandele
64,227
+0.8%
Hulpbronne 10
61,646
+2.3%
Industriële 25
77,524
+0.2%
Finansiële 15
13,816
+0.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Great humor and still have a lot to offer to a sincere person
Let's meet and you can decide. I don't want to pretend or mislead a potential partner. What you see is who I am. Ek is God se kind en dit is nie eers onderhandelbaar...
Die lewe is kort. Kom ons geniet dit saam.
Ek is positief, hou van likewise mense. Is mal oor close wees. Love dit om enige iets te doen saam my geliefdes. Is maklik aanpasbaar. Het nie moodswings en issues.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot