AFGRI
BEAN
05 Okt
-
9016
0,00
CORN
05 Okt
-
4802
0,00
SOYA
05 Okt
-
9140
0,00
SUNS
05 Okt
-
10053
0,00
WEAT
05 Okt
-
7105
0,00
WMAZ
05 Okt
-
4830
0,00
YMAZ
05 Okt
-
4755
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Droogte hanteerbaar, nie ramp – Regering

Die droogte, wat die land steeds in ’n wurggreep het, is steeds hanteerbaar en die afkondiging van ’n nasionale rampdroogte is dus nie nodig nie.

Hoewel agt van die land se provinsies tot rampdroogtegebiede verklaar is en die SA Weerdiens aandui dat droogte steeds oor die meeste dele van land voorkom en minder reën as verwag sal vaL, meen die Regering die afkondiging van ’n nasionale rampdroogte is nie nodig nie.

Me. Nomvula Mokonyane, Minister van Water en Sanitasie, het op ’n mediakonferensie by die Parlement rakende die droogte gesê die moontlikheid bestaan vir Suid-Afrika om ’n bestaan én werk te maak van die bietjie water wat hy het – as gedragspatrone vir waterverbruik verander word.

Om hierdie rede het Suid-Afrika nog nie een van die lande geword wat droogtehulp as deel van die Afrika-Unie se inisiatief vir rampdroogtehulp moet kry nie.

Gebruik per persoon

“Die gebruikpatrone in die land dui aan dat die gemiddelde waterverbruik per persoon per dag in die Randwater-gebied 280 liter per persoon per dag is. Dit is baie meer as die 25 liter per persoon per dag wat die wetgewing toelaat.

“Hiervan word 40% wat vir huishoudings, ens. moes gaan, vir besproeiing, tuindienste, en nie om kos te kook of vir drinkwater nie.”

Die gemiddelde waterverbruik per persoon per dag is wêreldwyd 175 liter.

Damme het min water

Hoewel sommige dele van die land swaar reën gekry het wat tot vloede gelei het, soos KwaZulu-Natal, het die droogte nie verbeter nie, het mnr. Des van Rooyen, Minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, gesê. Damme is ook op hulle laagste vlakke in jare.

Teen 5 September het die damvlakke 53% gemeet. “Die langtermyn-reënvoorspelling dui onder normale reënval aan en daarom word nie veel verligting in die komende maande verwag nie,” het Van Rooyen gesê.

Streng waterbeperkings volgens droogtereëls is by alle damme ingestel en dit sluit beperkings van die groter watertoevoerstelsels in. In nege van die land se 12 watertoevoerstelsel is beperkings ingestel.

Beperkings in die Oranjerivier

Die Departement van Water en Sanitasie het onlangs, vir die eerste keer in 24 jaar, waterbeperkings vir die Oranjerivier ingestel. Boere se waterverbruik vir besproeiing hier is met 15% beperk en ’n 10% beperking vir industriële en huishoudelike gebruik is ingestel. Die laaste waterbeperkings op die rivier was in 1992.

Van Rooyen het gesê die departement is ook nou besig om sy watermengsel uit te brei deur die gebruik van grondwater en om dit te vermag is meer as 7 487 boorgate regoor die land in werking gestel.

Hoewel die aanduiding is dat die droogtetoestand voort sal duur, vra mnr. Senzeni Zokwana, Minister van Landbou, Bosbou en Visserye, boere om optimisties te bly, maar waaksaam moet wees hoe hulle hul boerderyaktiwiteite doen.

Die Regering het R1,8 miljard toegestaan vir onder meer die boor en herstel van boorgate, om water na mense te vervoer en die verbetering van die berging van water. Die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye en sy provinsiale departemente het R173 miljoen beskikbaar gestel om veevoer aan boere te verskaf en om boorgate toe te rus. ’n Bykomende R198 miljoen is ook toegestaan om kleinskaalse boere in die huidige geldjaar te help deur veevoer en water aan hulle diere te verskaf.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.77
-0.8%
Rand - Pond
20.13
+0.5%
Rand - Euro
17.57
+0.2%
Rand - Aus dollar
11.55
-0.7%
Rand - Jen
0.12
-0.4%
Goud
1,715.78
-0.6%
Silwer
20.66
-1.9%
Palladium
2,260.50
-2.7%
Platinum
921.00
-1.3%
Brent-ruolie
91.80
+3.2%
Top-40
59,202
-1.1%
Alle aandele
65,613
-1.1%
Hulpbronne 10
63,687
-1.4%
Industriële 25
79,239
-1.1%
Finansiële 15
13,961
-0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Lus vir lekker lag
Ek is n hardwerkende man wat hou van avontuur en goeie geselskap, n lekker kuier en goeie vriende. Ek is oop vir nuwe dinge in die lewe.
The Real Deal
Well travelled, well spoken and the rest will be well known to you😉 How about a whole new approach to love? Soft spoken with a heart of gold. I'm a breath of...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot