AFGRI
BEAN
06 Okt
-
8935
-92,00
CORN
06 Okt
-
4823,2
28,20
SOYA
06 Okt
-
9535
270,00
SUNS
06 Okt
-
9720
235,00
WEAT
06 Okt
-
7210
18,00
WMAZ
06 Okt
-
5067,6
107,60
YMAZ
06 Okt
-
4958
84,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Droogte in KZN nog nie verby nie

Te midde van rekord hoë reënval regoor KwaZulu-Natal, is die voortslepende droogte vir baie boere nog nie verby nie.

Baie boere in KwaZulu-Natal (KZN) is steeds op hulle knieë weens die voortslepende droogte, in teenstelling met die berigte van oorstromings en sneeubedekte berge in die provinsie. Volgens mnr. Mike Osborne, voorsitter van die Zwartberg Boerevereniging, is ’n menigte boere steeds diep in die moeilikheid weens die droogtetoestande.

“Ons het nog nie ’n amptelike opname gemaak nie, maar ek skat tussen 30% en 35% van plase in die ons omgewing is in die mark,” verduidelik Osborne, ’n mielie- en beesboer naby Franklin in KZN. Nader aan Kokstad, suid van Franklin, het sommige boere gelukskote gekry met min, maar tydige, reën verlede seisoen en sommige graanboere het tot 10 ton mielies per hektaar geoes.

“Tradisioneel hou ons diere op hoër weidingdigthede aan as ander dele van die land en ons boerderye, veral melkboere, se finansiële meganismes is daarvolgens gerat. Die melkboere in die omgewing kry dus bitter swaar. Nader aan Kokstad het daar redelik reën sedert Maart geval en boere het water in die damme en kan ’n oes volgende seisoen waarborg. Hier in Franklin se omgewing is daar boere wat werklik niks oor het nie. Hulle plase is in die mark en alhoewel daar nog nie veel bankrotveilings is nie, lyk hulle situasies nie goed nie. Baie boere is steeds op ’n glibberige klip gebalanseer,” verduidelik Osborne.

Mnr. Egon Zunckel, graan- en beesboer van die Bergville-omgewing het meer as 70 mm reën in twee dae gekry. “Dit is ’n ongelooflike seën en ons is baie dankbaar. Die profiel is nou lekker nat en ons dekgewasse en wintergraan gaan verseker nou kan deurkom en boonop laat dit vog in die grond vir planttyd,” verduidelik Zunckel.

Mnr. Johan Boonsaaier, uitvoerende hoof van die Impala-watergebruikersvereniging in Pongola, is positief dat die boere van hierdie besproeiingskema tot middel-Oktober gaan water hê om te besproei, al is dit minder as normaal. “Ons het nie veel reën gehad die afgelope week in Pongola nie, maar in die opvanggebied van die Bivanedam, die besprpoeiingskema se lewensaar, het daar ongeveer 25 mm reën geval en dit sal ’n bietjie afloop in die dam bring.

“Aan die begin van Junie was die Bivanedam 37% vol en ons het ’n loslaat-skema uitgewerk, wat boere in staat sal stel om stelselmatig meer te besproei soos die temperatuur toeneem tot middel-Oktober. Ons verwag dat die weer dan na ’n normale patroon sal terugkeer en dat goeie inloop teen middel-Oktober die dam sal inkom. Ten spyte daarvan dat ons boere steeds sal kan besproei, gaan suikerrietboere steeds minstens 30% verliese aanteken hierdie jaar weens die droogte,” verduidelik Boonzaaier.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.85
-0.4%
Rand - Pond
20.04
+0.5%
Rand - Euro
17.56
+0.1%
Rand - Aus dollar
11.52
+0.1%
Rand - Jen
0.12
-0.3%
Goud
1,715.06
-0.1%
Silwer
20.61
-0.2%
Palladium
2,297.00
+1.7%
Platinum
926.50
+0.4%
Brent-ruolie
93.37
+1.7%
Top-40
59,674
+0.8%
Alle aandele
66,072
+0.7%
Hulpbronne 10
63,473
-0.3%
Industriële 25
80,413
+1.5%
Finansiële 15
14,043
+0.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Boer soek boerin
Ek is 'n aangename persoon. Hou van mense. Lief vir diere en die natuur. Goeie humorsin. Ek is finansieël stabiel.
Dit is tyd om my horisone te verbreedt
Ek is vriendelik, aantreklik werk baie hard en verdien n bietjie geluk in die lewe. Ek is baie romanties maar deur die jare het dit by die afterdeur uitgegaan.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot