AFGRI
BEAN
23 Sep
-
9590
0,00
CORN
23 Sep
-
4825
0,00
SOYA
23 Sep
-
9400
0,00
SUNS
23 Sep
-
10278
0,00
WEAT
23 Sep
-
6944
0,00
WMAZ
23 Sep
-
4799
0,00
YMAZ
23 Sep
-
4724
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

‘Droogte kan duur les vir Regering wees’

As die Regering boere help, kan hulle volgende jaar weer ’n oorskot produseer, sê mnr. Dan Kriek van Vrystaat Landbou.

Dit is nie nou die tyd om die Regering en finansminister Pravin Gordhan te kritiseer nie. Vat eerder hande en oortuig hulle dat die rampdroogte nie bloot aan die vrye mark oorgelaat kan word nie, en dat hulpverlening vanaf owerheidskant dringend noodsaaklik is.

Só sê mnr. Dan Kriek, voorsitter van Vrystaat Landbou en ondervoorsitter van Agri SA. “Alle logika sê dis ’n nasionale ramp,” het hy op ’n byeenkoms van die Afrikaanse Handelsinstituut in Bloemfontein gesê.

“Daar is ’n goedkoop en ’n duur manier om hierdeur te kom. As ons dit net vir die vrye mark los, gaan hy ons ’n duur les leer; nie net nou nie, maar ook in komende jare.

“Met hulp van regeringskant kan ons boere volgende jaar weer ’n oorskot mielies produseer. Maar as ons nog nie verstaan dat die Regering sal moet help nie, gaan almal dit ná vanjaar verstaan. Die Suid-Afrikaanse boer het nog altyd die verbruiker gesubsidieer. Ons gaan vanjaar leer wat dit beteken as hy nie meer kan nie.”

Die land wat die res van Suider-Afrika voorsien

Hy sê daar lê nou harde bedingingswerk voor tot Gordhan se mediumtermyn-begrotingsrede later vanjaar. Hy wys daarop dat Suid-Afrika die enigste land met voedselsekerheid in die Suider-Afrikaanse streek is. “Dis ’n streek-probleem, en nie ’n Suid-Afrikaanse probleem nie. Die land wat die res van suider-Afrika voorsien, is in die moeilikheid.”

Hy vrees dat Suid-Afrikaners op sosio-ekonomiese gebied nou in is vir ’n ding wat hulle nie verstaan nie. Dit is heel moontlik dat gewone arm Suid-Afrikaners, wat vroeër 40% van hul maatskaplike toelaes aan kos bestee het, in die komende maande 60% tot 70% daarvan hieraan sal moet afstaan. Die aangekondigde verhoging in maatskaplike toelaes (R11,5 miljard in Gordhan se onlangse begrotingsrede) gaan nie hiervoor opmaak nie.

Hy is bekommerd dat die R45 miljard wat in die Regering se reserwefonds was, en kragtens die Rampbestuurswet vir droogtehulp gebruik sou kon word, intussen aan staatsdiens-amptenare se verhogings van 10% tot 11% bestee is. “Daardie reserwes is weg, en dit is ook nie vir volgende jaar beskikbaar nie. Ons, as ’n droogtegeteisterde land, sal opnuut moet gaan kyk hoe pak ons die toekoms van hier af aan.”

Droogteskade aan veebedryf

Kriek meen beramings oor die droogteskade aan die nasionale veebedryf is nog uiters konserwatief. Waar hy in die Noordoos-Vrystaat boer, is totale ooi-kuddes wat in die voorjaar moes ram vat, met geen dragtigheid nie. Hierby het baie boere vroeër vanjaar paniekerig geraak en hele beeskuddes teen lae pryse uitverkoop en laat slag.

Baie boere se balansstate vertoon nog goed, maar hul kontantvloei en terugbetaalvermoë is onder ernstige druk.

Hy sien wel ook geleenthede in die heersende situasie, en sê dit is nou die tyd om vir ander mense wat swaarkry, te wys dat jy omgee en verhoudinge te bou.

“Moenie die klein dingetjies gering ag nie,” sê hy.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.93
-1.8%
Rand - Pond
19.45
-0.0%
Rand - Euro
17.37
-0.0%
Rand - Aus dollar
11.70
-0.0%
Rand - Jen
0.13
-0.0%
Goud
1,643.66
0.0%
Silwer
18.87
0.0%
Palladium
2,073.00
0.0%
Platinum
858.50
0.0%
Brent-ruolie
86.15
-5.0%
Top-40
57,110
-3.1%
Alle aandele
63,417
-2.9%
Hulpbronne 10
56,319
-7.5%
Industriële 25
78,436
-1.2%
Finansiële 15
14,142
-1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wat jy sien is wat jy kry
Ek maar n stil mens praat nie baie nie is n introvert ek laat my hande die praat werk doen en ek is baie rustige persoon en hou daar van om tyd saam n special person tyd te...
Dit is tyd om my horisone te verbreedt
Ek is vriendelik, aantreklik werk baie hard en verdien n bietjie geluk in die lewe. Ek is baie romanties maar deur die jare het dit by die afterdeur uitgegaan.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot