AFGRI
BEAN
29 Sep
-
9345
5,00
CORN
29 Sep
-
4785
8,00
SOYA
29 Sep
-
9433
72,00
SUNS
29 Sep
-
10115
141,00
WEAT
29 Sep
-
7109
38,00
WMAZ
29 Sep
-
4878
-4,00
YMAZ
29 Sep
-
4835
7,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Droogte knak groot mielie-oes

Die droogte is sterk op pad om SA se mielie-oorskot in 'n tekort te verander – veral wit mielies.

Graan SA meen in sy jongste produksiescenario, soos op 14 Maart, dat die eerste nasionale oesskatting van 12,3 miljoen ton in die twee weke sedert dit bekend gemaak is, tot ’n verwagte oes van net 10,9 miljoen ton kon verdroog het.

Die witmielie-oes, wat in die oesskatting einde Februarie op 6,8 miljoen ton geraam is, het volgens die nuwe Graan SA-scenario tot net 5,6 miljoen ton gekrimp. Dít dui op ’n verwagte tekort van 140 000 ton wit mielies en ’n totale nasionale mielietekort (wit en geel) van 38 000 ton.

Boonop waarsku Graan SA dat geen reën in die week tot tien dae vanaf 14 Maart die verwagte tekort met ’n verdere halfmiljoen ton kon vergroot het. Die land se verwagte nasionale voorraadstand teen einde vanjaar het dus nou van ’n oorskot na ’n tekort verander, wat pryse, veral van wit mielies, skerp in die rigting van die hoër invoerpariteitvlak kan laat beweeg. Landbouweekblad verneem die Regering is reeds gewaarsku oor moontlike skerp voedselprysstygings as dít gebeur.

Stygende pryse
In só ’n situasie sal uitvoer ’n deurslaggewende rol speel. Stygende plaaslike pryse behoort die uitvoertempo wel in te kort, maar dit is onbekend hoeveel uitvoermielies reeds teen die vroeëre laer pryse vooruit verkoop is.

Die Safex-mieliepryse vir lewering in Julie vanjaar het sedert September verlede jaar tot onlangs deurlopend laer as die uitvoerpariteit verhandel. Dit beteken die land se wit én geel mielies was ses maande lank van die goedkoopste ter wêreld.

Graan SA voer al lank ’n veldtog om inligting oor vooruit-verkope deur uitvoerders ter wille van groter markdeursigtigheid openbaar te kry. ’n Vraag-en-aanbodkomitee is intussen tot stand gebring, met verteenwoordigers uit die hele bedryf. Daar word dus gehoop dat die vooruitverkoopte uitvoersyfers binne die volgende maand of twee via die nuwe komitee bekend gemaak sal kan word, sê mnr. Wessel Lemmer, senior ekonoom van Graan SA.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.04
-1.1%
Rand - Pond
19.44
-0.1%
Rand - Euro
17.40
-0.2%
Rand - Aus dollar
11.62
+0.1%
Rand - Jen
0.12
-0.7%
Goud
1,642.45
-1.1%
Silwer
18.56
-1.8%
Palladium
2,150.46
-0.0%
Platinum
848.18
-2.1%
Brent-ruolie
89.32
+3.4%
Top-40
56,343
-1.9%
Alle aandele
62,716
-1.7%
Hulpbronne 10
56,968
-1.6%
Industriële 25
77,199
-1.7%
Finansiële 15
13,753
-2.5%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Vrystaat plaas boertjie opsiek na sy versie
Ek is lewens lustig en altyd 'n bok vir sports Lief vir die buite lewe soos kamp visvang en bike ry
Om my te Ken is om my lief te he
Sag dinamiese persoon wat iemand altyd eerste stel en respekteer,. Hou van eerlike opregte mense wat nie my tyd mors nie.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot