AFGRI
BEAN
26 Sep
-
9434
-76,00
CORN
26 Sep
-
4805
-4,00
SOYA
26 Sep
-
9399
-67,00
SUNS
26 Sep
-
9980
-226,00
WEAT
26 Sep
-
7069
52,00
WMAZ
26 Sep
-
4870
13,00
YMAZ
26 Sep
-
4800
12,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Droogte maak mielieboere moedeloos

Die mark bokspring, reën bly weg en mielieboere raak moedeloos, terwyl die oesskatting druk onder bespreking is.

Allerweë bestaan twyfel of die Oesskattingskomitee se eerste amptelike produksieskatting van ’n totale mielie-oes van sowat 12,35 miljoen ton gehaal sal word en boonop lyk die kans op gróót skade aan die witmielie-oes al hoe waarskynliker.

Dit lyk of die witmielieoes, wat verbou word in die produksiestreke wat nou die ergste onder droogte deurloop, vanjaar die deurslaggewende faktor gaan wees.

Dit lei tot groot onsekerheid op plaaslike markte, waar mieliepryse van dag tot dag skielik op en af verhandel. Selfs die groter oesskatting het nie pryse die volgende dag laer laat verhandel nie. Safex volg skielik ook nie meer bewegings op die toonaangewende Amerikaanse mark na nie.

Mnr. Thys Grobbelaar, markontleder by Senwes, wys daarop dat die grootste deel van die suidelike en noordwestelike produksiestreke se mielies nog in bestuiwing is. ’n Mielie kan in dié vatbare fase vir droogteskade maklik 10% opbrengs per week verloor.

Heersende prysvlakke
Die groot vraag is of die swakker plaaslike produksietoestande die pryse op Safex van rondom die heersende uitvoerpariteit-vlakke tot nader (of selfs by) die heelwat hoër invoerpariteit gaan dryf.

Teen heersende prysvlakke beteken dit ’n potensiële styging van amper R1 400/ton vir wit mielies.

Graan SA sê die komitee se eerste skatting van ’n gemiddelde 4,17 ton wit mielies per hektaar (teenoor verlede jaar se uiteindelike 4,12 ton per ha) is oor-optimisties as dit nie gou (en wyd) reën nie. ’n Geskatte opbrengs van 3,84 ton per ha sou meer realisties wees as opvolgreën in die droogtegeteisterde dele wegbly.

Dít behoort genoeg wit mielies vir uitvoer van sowat 1,2 miljoen ton te laat. Dan kan die vraag en aanbod net-net gelyk speel.

Mnr. Jannie de Villiers, Graan SA se uitvoerende hoof, het by navraag gesê die toelaatbare afwyking vir die eerste amptelike skatting is 8% na bo of na onder

Potensiaal is laer as skatting
Hy meen die witmielieoes wat nou op die land is, se potensiaal is heel waarskynlik 8% onder die skatting – dus rondom 6,21 miljoen ton.

As die Mexikaners weer dieselfde hoeveelheid wit mielies as die vorige twee jaar van Suid-Afrika koop, beteken dit die plaaslike witmielie-voorraad gaan net-net gelyk speel. As die ongunstige klimaatstoestande egter langer voortduur en die Mexikaners dalk meer mielies van Suid-Afrika invoer, kan Suid-Afrika net sowel ’n tekort aan wit mielies (en heelwat hoër witmieliepryse teen volgende jaar – ’n verkiesingsjaar) hê.

Intussen heers kommer ook oor die nasionale sojaboon-oes. Die Oesskattingskomitee skat dit kan sowat 914 000 ton, teen ’n gemiddelde opbrengs van amper 1,8 ton per ha, oplewer. Dit is sowat 40% meer as verlede jaar se 650 000 ton.

Graan SA meen egter die droogte kan ook dié rekord-oes verklein.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.11
-0.8%
Rand - Pond
19.34
+0.3%
Rand - Euro
17.41
-0.3%
Rand - Aus dollar
11.67
+0.2%
Rand - Jen
0.13
-0.3%
Goud
1,628.20
-0.9%
Silwer
18.57
-1.6%
Palladium
2,032.50
-2.0%
Platinum
855.00
-0.4%
Brent-ruolie
86.15
-5.0%
Top-40
57,290
+0.3%
Alle aandele
63,626
+0.3%
Hulpbronne 10
56,215
-0.2%
Industriële 25
79,529
+1.4%
Finansiële 15
13,982
-1.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Bleh
Plat op die aarde tipe mens soek n maatjie om dinge saak te doen🤭🙃en dinge saam meer te geniet
Hang jou drome in die wind, sodat hulle kan leer vlieg.
My persoonlikheid is baie aanloklik Baie vriendelik en baie reguit. Hou glad nie van brand kosse nie. Hou baie van pastas asook hou van geleentheids avontuure. Buitelig mens My...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot