AFGRI
BEAN
03 Feb
-
9686,4
86,40
CORN
03 Feb
-
4500
-52,00
SOYA
03 Feb
-
8630
-17,00
SUNS
03 Feb
-
11093
-268,00
WEAT
03 Feb
-
6700
-28,00
WMAZ
03 Feb
-
4260
-27,00
YMAZ
03 Feb
-
4394
-27,00

Droogtehulp beskikbaar

Droogtehulp is op pad vir Wes-Kaapse boere.

Koopbriewe vir droogtehulp sal uitgereik word aan boere in die suide van die Wes-Kaap – vanaf Heidelberg tot Mosselbaai, het mnr. Gerrit van Rensburg, Wes- Kaapse minister van landbou en landelike ontwikkeling, aangekondig.

Hoewel dit wel in dele van die Wes-Kaap gereën het, is die gebied suid van die Outeniquaberge steeds baie droog en het boere dringend bystand nodig om hul kuddes te onderhou.

Na raming sal ongeveer 700 boere in die gebied in aanmerking kom vir hulp. Saam met die 400 boere in die Klein-Karoo en 300 in die Sentraal-Karoo en van Touwsrivier sal sowat 1 400 boere hulp kry.

Van Rensburg sê daar is nog R46 miljoen vir droogtehulp in die distriksmunisipaliteit Eden beskikbaar. Die koopbriewe word met dié geld uitbetaal.

Boere sal teen R480 per grootvee-eenheid − tot ’n maksimum van 30 eenhede per boer – vergoed word. ’n Eie bydrae van 10% tot 30% sal van die boere vereis word na gelang van die getal vee wat hulle besit.

Koopbriewe sal vanaf 15 Mei uitgereik word en geldig wees tot einde Junie. Van Rensburg versoek boere om so gou moontlik seker te maak dat hul besonderhede reg op die aansoekvorms ingevul is.

Inligting wat soms nie gemeld word nie, maar wat nodig is, is registrasienommers vir belasting, korrekte eiendomsbeskrywing volgens transportaktes en die mees onlangse veegetal-register.

Boere kan mnr. Wim Filmalter van die Wes-Kaapse departement van landbou (Riversdal) bel by tel. 028 713 2442 of mnr. Dawie de Villiers van die navorsingsplaas Outeniqua op George by tel. 044 874 2047 om die inligting op hul aansoekvorms te bevestig en ontbrekende inligting te verskaf.

5 Mei 2011

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.44
-2.1%
Rand - Pond
21.03
-0.7%
Rand - Euro
18.86
-1.1%
Rand - Aus dollar
12.09
+0.0%
Rand - Jen
0.13
-0.2%
Platinum
974.67
-4.9%
Palladium
1,630.14
-2.4%
Goud
1,865.52
-2.5%
Silwer
22.38
-4.6%
Brent-ruolie
82.17
-0.8%
Top-40
74,082
+0.6%
Alle aandele
80,241
+0.6%
Hulpbronne 10
75,186
+0.7%
Industriële 25
103,461
+0.8%
Finansiële 15
16,550
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom ons begin oor
Wat skryf ek nou hier? Leer my eerder ken besluit self. Ek is wel n omgee mens en hou van bederf.
Wie wil saam met my die mooiste liedjies skryf?
Spotane, vrolike geaardheid, sin Vir humor. baie positiewe persoon. Betroubaar en eerlik. Sien die mooi in die lewe raak. Gun die son oor almal skyn. Hou van dans.🌟...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot