
Afgevaardigdes op Graan SA se jaarkongres het die private sektor, wat boere as klante en kliënte het, geloof vir hoe dié hulle deur die droogte help trek het.
Mnr. Jannie de Villiers, uitvoerende hoof, het gesê die landbou se private sektor het betekenisvolle bedrae bestee om boere, beide klein en groot, deur die droogte te dra.
Mnr. Jozeph du Plessis van Schweizer-Reneke, bestuurslid wat een van die streke verteenwoordig wat die strafste onder die droogte deurgeloop het, het ’n mosie van dank ingestel.
“Ek weet nie van één kommersiële boer wat hulp van die Regering gekry het nie. Maar ons het in hierdie droogte ons ware vriende leer ken. Dis die insetverskaffers en finansiële instellings. Hulle het die ekstra myl vir ons gestap.”
Sy mosie is met applous begroet.