AFGRI
BEAN
24 Mrt
-
9660
0,00
CORN
24 Mrt
-
4531
0,00
SOYA
24 Mrt
-
8206
0,00
SUNS
24 Mrt
-
9348
0,00
WEAT
24 Mrt
-
6461
0,00
WMAZ
24 Mrt
-
3893
0,00
YMAZ
24 Mrt
-
3996
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
17 Mrt
-
171,8
1,17
Ave Wool - RWS
17 Mrt
-
185,09
1,47
Beeste A2/3
17 Mrt
-
54,2
-0,07
Beeste AB2/3
17 Mrt
-
52,95
-0,19
Beeste B2/3
17 Mrt
-
49,6
-1,22
Beeste C2/3
17 Mrt
-
48,53
0,72
Bevrore Hoender
17 Mrt
-
32,97
-0,23
Bokkies (onder 30 kg)
17 Mrt
-
48,13
-1,27
Bokooie
17 Mrt
-
36,44
-2,17
Groot (meer as 40 kg)
17 Mrt
-
36,2
-0,10
Hoender (IQF)
17 Mrt
-
32,21
-0,01
Medium (30-40kg)
17 Mrt
-
44,61
-2,43
Pork Average
17 Mrt
-
32,03
1,11
Poultry Average
17 Mrt
-
32,99
-0,12
Skaap A2/3
17 Mrt
-
82,81
3,66
Skaap AB2/3
17 Mrt
-
81,07
13,42
Skaap B2/3
17 Mrt
-
69,48
9,39
Skaap C2/3
17 Mrt
-
61,58
3,03
Speenkalf
17 Mrt
-
34,11
0,00
Spekvarke
17 Mrt
-
34,05
1,60
Stoorlammers
17 Mrt
-
38,98
-0,96
Varkwors
17 Mrt
-
25,37
1,06
Vars Hoender
17 Mrt
-
33,79
-0,13
Vleisvarke
17 Mrt
-
31,76
0,95
Deel

Druiweboere moet ander planne maak, hawe lol weer

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Die suidoostewind waai Donderdag, 16 Februarie, teen tot 55km/h in die Kaapstadhawe. Dié sterk windtoestande kan na verwagting tot Maandagoggend voortduur, waarna voorspellings aandui dit weer later volgende week kan voorkom. Foto: Alani Janeke
Die suidoostewind waai Donderdag, 16 Februarie, teen tot 55km/h in die Kaapstadhawe. Dié sterk windtoestande kan na verwagting tot Maandagoggend voortduur, waarna voorspellings aandui dit weer later volgende week kan voorkom. Foto: Alani Janeke
Probleme in die Kaapse hawe, sowel as sterk winde wat verwag word in die komende week, het tafeldruifprodusente gedwing om ander, duurder opsies te oorweeg om hul druiwe uit te voer.

Die bedryfsliggaam bestempel die hawe se prestasie-uitset in onlangse weke as “onbevredigend”.

“ ’n Gesamentlike poging deur Transnet en ander belanghebbendes is nodig om die volumes in die komende weke te bestuur, veral met gure weer (wind) wat in die komende week voorspel word,” lui die jongste nuusbrief van die Suid-Afrikaanse Tafeldruifbedryf (Sati).

Volgens me. Antoinette van Heerden, bestuurder van logistieke sake by die varsprodukte-uitvoerdersforum (FPEF), word skepe in die Kaapse hawe opgehou hoofsaaklik weens ongunstige weerstoestande, ’n tekort aan toerusting en bedryfsprobleme.

“Skepe kon by tye nie die hawe binnekom nie omdat vraghouerstapels vol was. Die FPEF werk nou met die hawebestuur saam om oplossings te vind.”

Die sterk, langdurige wind wat vir die komende week voorspel word, sal waarskynlik ook ’n invloed hê op die werking in die hawe.

“Ons verwag ’n toename in die skepe wat geanker word, asook in skepe wat liewer by die Kaapse hawe verbyhou omdat wagtye te lank is en dit nie vir hulle finansieel volhoubaar is nie. Ons praat met die hawe oor ’n herstelplan terwyl ons ons spitstye binnegaan.”

Fuji Bay kan help

Sati het produsente versoek om alternatiewe hawens te oorweeg, wat beteken hul druiwe sal met padvervoer soontoe geneem moet word. ’n Ander moontlikheid is om die Fuji Bay, ’n konvensionele skip waarin druiwe in ’n verkoelde area van die skip gelaai word, te gebruik om uit te voer. Dié skip kan in die negende en tiende week die Kaapstadse hawe aandoen indien daar genoeg belangstelling is.

“Dis nie ’n ideale situasie nie, maar dit kan help om die opeenhopings in die hawe te verbeter,” lui die nuusbrief.

Mnr. Jacques Ferreira, inligtings-en-stelselbestuurder by Sati, sê die meeste druiwe is destyds, voor die tyd van verkoelde vraghouerskepe, op dié manier uitgevoer.

“Ons probeer tans saam met Hortgro bepaal of daar ’n behoefte is vir die Fuji Bay om hier aan te doen, dan sal ons dit vasmaak. Dis egter ’n duurder opsie, maar die gehalte van die druiwe sal nie benadeel word nie.”

Kleiner oes

Tot dusver is sowat 37,6 miljoen kartonhouers (ekwivalent van 4,5 kg) uitgevoer dié seisoen. Dis ’n afname van sowat 10% teenoor verlede jaar. Meer as 50 miljoen kartonhouers is reeds geïnspekteer vir uitvoer.

Die bedryf sal binne die volgende week of twee sy spitsseisoen tref. Op die oomblik pak die Olifantsrivier-, Bergrivier- en Hexrivierstreek druiwe.

Die Olifantsrivier se oes is tot dusver sowat 14% kleiner as verlede jaar, hoofsaaklik weens ongunstige weerstoestande. Die Bergriverstreek lyk belowend, met die meeste kultivars wat aan produsente se verwagtige voldoen of dit oortref. Dié area se oes is tans sowat 15% groter as verlede jaar.

Ook in die Hexriviervallei lyk volumes rooskleurig. Altesaam 12,6 miljoen kartonhouers uit die streek is tot dusver vir uitvoer geïnspekteer. Dit is ‘n 25%-toename in die volumes. Die algehele volumes uit dié streek sal egter na verwagting effens laer wees, omdat die seisoen vroeër was. Alison, Scarlotta, Autumn Royal en Crimson word tans gepak, met die meeste van die streek se Autumn Crisp wat klaar gepak is. Die gehalte, korrelgrootte en kleur lyk oor die algemeen goed. 

Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.17
-0.5%
Rand - Pond
22.22
-0.0%
Rand - Euro
19.59
-0.0%
Rand - Aus dollar
12.09
+0.0%
Rand - Jen
0.14
-0.0%
Platinum
976.84
0.0%
Palladium
1,415.66
0.0%
Goud
1,978.67
0.0%
Silwer
23.23
0.0%
Brent-ruolie
74.99
-1.2%
Top-40
69,181
-1.3%
Alle aandele
74,695
-1.2%
Hulpbronne 10
64,294
-1.4%
Industriële 25
101,619
-1.0%
Finansiële 15
15,178
-1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Opsoek na mevrou reg
Ek soek iemand om mee te deel en cuddle liefdevol en sosiaal wil wees saam my en saam my will groei
Ant
Oopkop en standvastig. Onafhaklikheid belangrik vir my. Doen nie drama nie. Lewe te kort om te mors op dinge en mense wat jou nie gelukkig maak nie.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot