AFGRI
BEAN
27 Sep
-
9530
-36,00
CORN
27 Sep
-
4757,8
-50,20
SOYA
27 Sep
-
8700
-9,00
SUNS
27 Sep
-
9840
-128,00
WEAT
27 Sep
-
7050
-8,00
WMAZ
27 Sep
-
4837
-29,00
YMAZ
27 Sep
-
4770
-28,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Duisend boere vier Case IH se 175 jaar

Northmec se nuwe Case IH 9240 Trac-stroper en die Magnum 380 CVT Trac-trekker is op ? 175-jarige viering aan sowat 1000 boere bekend gestel.

Northmec, die enigste verspreider en invoerder van Case IH-trekkers, stropers, spuite en landboutoerusting, het 'n indrukwekkende uitstalling van nuwe produkte by die Equidome Event Hall in Kyalami aangebied, waarheen sowat 1000 boere genooi is.

Vanjaar vier die Case IH-handelsmerk ook sy 175ste jaar as vervaardiger van wêreldklas-plaasmasjinerie. Die blinkste plaasmasjiene op dié spesiale dag was die Case IH 9240 Trac-stroper (foto hieronder) en die Magnum 380 CVT Trac-trekker.

Die 9240 is die grootste model in die Case IH-reeks en een van die grootste beskikbare stropers ter wêreld. Met die voortreflike AFX Axial Flow-tegnologie, wat reeds oor 50 jaar bewys is, het hierdie masjien die bewondering van die groot groep boere afgedwing.

Hoë kapasiteit dorswerk

Die 16 liter-FPT-enjin bied oorgenoeg krag vir hoë kapasiteit dorswerk. Die vergrote sif-area maak die eindproduk soveel meer aanvaarbaar en lewer graan van die hoogste gehalte. Met die AFS-moniteringstelsel, sowel as die stuuroutomaat-funksie (auto-pilot) wat as standaard verskaf word, is hierdie masjien 'n ware plesier om te bestuur – veral as die stroper totale beheer by die operateur oorneem.

Die Magnum 380 CVT Trac-trekker is deel van die oorspronklike Magnum-nalatenskap wat reeds sedert 1987 so suksesvol is. Die bewese CVT-ratkas met sy outomatiese ratwisseling maak elke rit ‘n plesier. Die Magnum se kajuit is die grootste in sy klas en werk op 68 desibel ook die stilste op die mark. Die FPT 8,7 liter-enjin bied 'n totale maksimum kraglewering van 410kW, wat hom ook die sterkste in sy klas maak.

Verbintenis tot diens

Mnr. Tony Sinclair, uitvoerende hoof van die CEG Groep, het die groot groep boere wat die uitstalling bygewoon het, verwelkom. Hy het Northmec se verbintenis tot topgehalte-kliëntediens bevestig en belowe om sterk te fokus op onderdele, na-verkope diens en die beste beskikbare produkte teen die beste pryse.

Northmec besturende direkteur, mnr. Johan van der Merwe, het 'n oorsig van die afgelope vyf jaar van Northmec se vordering gegee. Beleggings in 'n nuwe monteringsaanleg, en 'n beduidende toename in die kapasiteit van die onderdele-pakhuis, is ook afgehandel. Die Red Excellence-program, wat die nuwe bedryfstandaard by Northmec is, is suksesvol aan verskeie takke en handelaars bekendgestel. Northmec het ook sy belofte gehou om die moontlikheid van nuwe takke te ondersoek, en as gevolg daarvan is nuwe handelaars aangestel om Northmec se voetspoor te vergroot.

Twintig boere toer na VSA

Die eerste 20 kliëntebestellings vir nuwe masjiene op die dag is beloon met 'n reis na Amerika om al die groot trekker- en stroperaanlegte te besoek. Dié gelukkige kopers sal ook die 2017 Farm Progress Show bywoon – beslis 'n wonderlike voorreg!

Vanjaar vier die Case IH-handelsmerk sy 175ste jaar as vervaardiger van wêreldklas plaasmasjinerie. Dit het begin in die Amerikaanse staat Wisconsin, aan die oewer van die Rootrivier, waar die stigter Jerome Increase Case die Racine Threshing Machine Works gevestig het om 'n revolusionêre masjien te bou om die skeiding van graan te bespoedig.

"Ek vind dit wonderlik om te sien hoe ver die boerderybedryf en ons maatskappy in die afgelope 175 jaar gekom het. Ten spyte van talle uitdagings, is ons sterker as ooit tevore," het Andreas Klauser, die trotse handelsmerkpresident van Case IH, gesê.

Northmec is die oudste en grootste maatskappy van sy soort in Suid-Afrika, en verskaf toerusting en masjienerie aan die plaaslike landboubedryf sedert 1869.

* Vir meer inligting oor Northmec en Case IH-produkte, kontak die nasionale verkoopsbestuurder, mnr. Arno du Plessis by telefoon +27 71 687 5227.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.96
+0.6%
Rand - Pond
19.40
-0.4%
Rand - Euro
17.31
+0.4%
Rand - Aus dollar
11.66
+0.1%
Rand - Jen
0.12
+0.4%
Goud
1,637.00
+0.9%
Silwer
18.67
+1.7%
Palladium
2,041.34
-0.1%
Platinum
861.76
+1.0%
Brent-ruolie
84.06
-2.5%
Top-40
57,305
+0.0%
Alle aandele
63,663
+0.1%
Hulpbronne 10
56,065
-0.3%
Industriële 25
79,425
-0.1%
Finansiële 15
14,087
+0.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Enkel man wat op soek is na pasmaat om leemte te vul. te vul
Ek is eerlik en is gelykmatig in persoonlikheid. Hou van lag en sal nooit afbrekend teenoor iemand optree nie. Hou van goeie eerlike gesprekke.
Die lewe is kort. Kom ons geniet dit saam.
Ek is positief, hou van likewise mense. Is mal oor close wees. Love dit om enige iets te doen saam my geliefdes. Is maklik aanpasbaar. Het nie moodswings en issues.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot