
Duisende hoenders het gevrek nadat die bestuurder van 'n vragmotor waarin hulle vervoer is, beheer verloor en dit naby Rustenburg in Noordwes omgeslaan het.
Die vragmotor het Maandagmiddag sowat 13 600 hoenders vervoer toe die ongeluk op die R52 tussen Koster en Rustenburg plaasgevind het, berig News24.com. Met hul aankoms het inspekteurs van die Nasionale Dierebeskermingsvereniging (NDBV) duisende dooie voëls en talle ernstig beseerde voëls op die toneel aangetref.
Die voëls was onderweg na ’n Rainbow-slagplaas en inspekteurs het lang ure gewerk om ernstig beseeerde hoenders se lyding te beëindig.
Bron: News24.com