AFGRI
BEAN
28 Sep
-
9340
-83,00
CORN
28 Sep
-
4851,2
34,20
SOYA
28 Sep
-
9364
-33,00
SUNS
28 Sep
-
9975
79,00
WEAT
28 Sep
-
7046
-7,00
WMAZ
28 Sep
-
4888
48,00
YMAZ
28 Sep
-
4737,8
55,80
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Duur pryse op veiling van sybokhaar

Om R425 per kg vir 'n baal sybokhaar te ontvang, sal enige Angoraboer die hele week breed laat glimlag!

Duur pryse het die sybokhaarveiling in Port Elizabeth gekenmerk toe die markaanwyser met 8,2% tot R142,94 per kilogram gestyg het.

Op CMW se veiling is 'n baal 25 mikron winter-kleinbokkiehaar van mnr. Louw de Wet van Rietbron teen R425 per kg verkoop. 'n Baal jongbokhaar van mnr. Blair Henderson van Steytlerville het R325,50 per kg behaal terwyl mnre. Ray en Gary Hobson van Steytlerville R265,10 per kg vir 'n baal  28,7 mikron winter jongbokhaar  gekry het. Dit is die hoogste pryse nog in die onderskeie klasse.

Volgens Sybokhaar Suid-Afrika is die goeie pryse te danke aan die hoë gehalte van die aanbod en 'n voortgesette goeie wêreldwye vraag vir alle tipes bokhaar.

Vergeleke met die vorige veiling het somer-kleinbokkiehaar met 14,4% gestyg, jongbokhaar was 12,4% duurder, fyn grootbokhaar het met 10,2% verbeter en sterk grootbokhaar was 3,3% hoër. Die grootste kopers was Samil (562 bale), Stucken (539 bale), Mosenthals (195 bale) en Mohair en Wool Traders (161 bale). Die markaanwyser is tans  R33,23 per kg hoër as op dieselfde veiling 'n jaar gelede.

Met 98% van die aanbod van nagenoeg 200 000 kg wat van eienaar verwissel het, was die omset op die veiling 'n verstommende R28 miljoen. Die volgende veiling word op 25 Maart gehou.        

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.84
+1.0%
Rand - Pond
19.42
-0.5%
Rand - Euro
17.37
-0.6%
Rand - Aus dollar
11.63
-0.4%
Rand - Jen
0.12
+0.5%
Goud
1,659.31
+1.9%
Silwer
18.90
+2.8%
Palladium
2,150.51
+3.6%
Platinum
865.78
+1.4%
Brent-ruolie
86.27
+2.6%
Top-40
57,413
-0.4%
Alle aandele
63,808
-0.3%
Hulpbronne 10
57,878
+1.5%
Industriële 25
78,523
-1.0%
Finansiële 15
14,099
-0.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
soek omgee maatjie, saam rondloop maatjie, sommer stilsit maatjie
Probeer hard om 'n ware omgee christen te wees wat graag deel. Kan skuins snaaks wees en geniet goeie gesels met iemand wat ook met woorde kan speel.
Kom ons begin om n "chapter" te skryf
Ek wonder soms of dit die moeite werd is om my te leer ken. maar. dit is verseker! Gee dit n kans.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot