AFGRI
BEAN
28 Sep
-
9340
-83,00
CORN
28 Sep
-
4851,2
34,20
SOYA
28 Sep
-
9364
-33,00
SUNS
28 Sep
-
9975
79,00
WEAT
28 Sep
-
7046
-7,00
WMAZ
28 Sep
-
4888
48,00
YMAZ
28 Sep
-
4737,8
55,80
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Duur ruolie en hoë inflasie het wêreld op sy kop

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Voertuiglisensies kan weer by poskantore hernieu word. Foto: Carien Kruger
Voertuiglisensies kan weer by poskantore hernieu word. Foto: Carien Kruger
Suid-Afrikaners moet in die komende maande gereed wees vir wisselvalligheid in die waarde van die rand.

Die organisasie van petroleumuitvoerlande (Opul) het, terwyl die vraag na fossielbrandstowwe die afgelope tyd wêreldwyd skerp toegeneem het, versuim om meer ruolie beskikbaar te maak. Dit het brandstofpryse die hoogte laat inskiet toe die opwekking van hernieubare energie deur klimaatsomstandighede lamgelê is, veral in China, het me. Nicky Weimar, Nedbank se hoofekonoom, gesê op ’n seminaar van Subtrop, die sambreelliggaam vir produsente van subtropiese gewasse.

Sy het gesê dit sal egter nie so aanhou nie. Die Chinese winterweer het amok gemaak met die land se son- en hidro-elektrisiteitstelsels en ’n groot klomp fossielbrandstof moes gebruik word om die land van krag te voorsien. “Nou moet Opul-lande inhaal met die lewering van ruolie, maar ek voorsien dat brandstofpryse binne die volgende ses maande na normaal sal terugkeer.”

Dit is ’n ligstraaltjie van hoop in ’n tyd dat byna die hele wêreld deur ongekende hoë inflasie in die gesig gestaar word. In Amerika is inflasie vir die eerste keer 1,5% hoër as Suid-Afrika s’n en die Europese Unie se inflasiesyfer staan op 4%. Selfs in Japan, wat al vir jare spook met negatiewe inflasie, is die syfer nou net-net aan die positiewe kant.

Terwyl die Internasionale Monetêre Fonds verwag dat die grootste deel van die wêreld vir die volgende jaar met die hoër inflasiesyfers sal saamleef, hou rentekoersverhogings, veral deur Amerika se Federale Reserwe, ’n taamlike risiko vir die Suid-Afrikaanse rand in.

Wisselvallige rand

Weimar het verduidelik dat hoër rentekoerse in Amerika aantreklike, laerisiko-beleggingsgeleenthede skep vir beleggers wat normaalweg in meer riskante, ontwikkelende ekonomieë soos Suid-Afrika belê. Dit kan Suid-Afrika se post-covid-19-groei erg aan bande lê. Suid-Afrikaners moet maar gereed wees vir wisselvalligheid in die waarde van die rand.

Die Suid-Afrikaanse ekonomie het wel die afgelope jaar beter gevaar as wat die meeste ekonome verwag het. Sterk uitvoer en beter as verwagte verbruikersbesteding het die ekonomie ’n onverwagse hupstoot gegee. Hoewel hoë inflasiesyfers wêreldwyd soos ’n donker wolk oor ekonomiese groeivooruitsigte hang, kan die voortgesette vraag na kommoditeite die plaaslike ekonomie staande help hou.

Eskom en Transnet

Dit is nou as die ligte aan bly, want Suid-Afrika se probleme met kragvoorsiening, het Weimar voorspel, gaan nie oornag opgelos word nie. Die verval van ander staatsinstellings soos Transnet dra ook by tot die frustrasies met infrastruktuurprobleme wat die Suid-Afrikaanse ekonomie kniehalter. Selfs met belegging van die private sektor gaan hierdie probleme ekonomiese groei vir nog minstens vyf jaar vertraag.

Die goeie nuus vir Suid-Afrika is dat internasionale toerisme na verwagting sal aanhou herstel namate meer en meer mense teen covid-19 ingeënt word. Akkommodasie en voedseldienste is ’n baie groot en belangrike werkverskaffer in Suid-Afrika en Weimar het gesê dié sektor het nog nie van die inperkings van die covid-19-pandemie herstel nie. Dit kan oor die volgende twee jaar ’n groot rol speel om Suid-Afrika se hoë werkloosheidsyfer te verlig.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.84
+1.0%
Rand - Pond
19.42
-0.5%
Rand - Euro
17.37
-0.6%
Rand - Aus dollar
11.63
-0.4%
Rand - Jen
0.12
+0.5%
Goud
1,659.31
+1.9%
Silwer
18.90
+2.8%
Palladium
2,150.51
+3.6%
Platinum
865.78
+1.4%
Brent-ruolie
86.27
+2.6%
Top-40
57,413
-0.4%
Alle aandele
63,808
-0.3%
Hulpbronne 10
57,878
+1.5%
Industriële 25
78,523
-1.0%
Finansiële 15
14,099
-0.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
soek omgee maatjie, saam rondloop maatjie, sommer stilsit maatjie
Probeer hard om 'n ware omgee christen te wees wat graag deel. Kan skuins snaaks wees en geniet goeie gesels met iemand wat ook met woorde kan speel.
Kom ons begin om n "chapter" te skryf
Ek wonder soms of dit die moeite werd is om my te leer ken. maar. dit is verseker! Gee dit n kans.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot