AFGRI
BEAN
30 Sep
-
9356
0,00
CORN
30 Sep
-
4788
0,00
SOYA
30 Sep
-
9237
0,00
SUNS
30 Sep
-
10015
0,00
WEAT
30 Sep
-
7120
0,00
WMAZ
30 Sep
-
4818
0,00
YMAZ
30 Sep
-
4760
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Duurder krag, lone, diesel byt boere

Duurder produksiekoste op verskeie fronte is vir boere 'n harde knou in die maag, sommer vroeg in Maart.

Die nuus dat die prys van diesel met 56 sent per liter en dié van petrol met 81 sent per liter verhoog is, kom vir die landbougemeenskap op ’n baie slegte tyd, sê die TLU SA in ’n nuusverklaring.

Die buitensporig verhoogde minimum lone in die landbousektor is sedert 1 Maart in werking, Nersa het pas ’n verhoging van 8% in elektrisiteitstariewe aangekondig, en die verhoging in die dieselprys is pas aangekondig. 

Boonop gaan bestaande tolgelde ook volgende week verhoog word, terwyl die Minister van Finansies in sy Begroting ’n verdere 23 sent per liter aan brandstofheffings aangekondig het wat begin April in werking tree.

Brandstofprys kan verder styg
Die feit dat die Rand die afgelope tyd verder gedaal het, kan daarop dui dat die brandstof volgende maand selfs nog verder kan styg.

“In wese is al hierdie verhogings ’n vorm van belasting wat die Staat tot voordeel strek,” sê mnr. Louis Meintjes, voorsitter van die TLU SA.  “Aan die ander kant bly die boer ’n prysnemer, wat beteken dat hy nie sy produkte se pryse kan aanpas om al hierdie bykomende belastings te akkommodeer nie.

“Van die boer word verwag om maar net te betaal en in te lewer. Waar georganiseerde landbou al lankal pleit vir ’n aanpassing van die dieselrabat, sodat boere in belang van voedselsekerheid winsgewend kan bly boer, word sodanige billike versoeke bloot geïgnoreer,” sê Meintjes.

“Die rRgering moet kennis neem dat as hy nie op een of ander manier die boere tegemoet gaan kom met hierdie hele pakkie van bykomende verhogings en belastings nie, dit rampspoedige gevolge vir die land se voedselsekuriteit en die landbou-ekonomie gaan inhou,” waarsku Meintjes.

* In ’n nuusverklaring sê Agri SA die unie het verwag dat die aanpassing in elektrisiteitspryse die algemene inflasiekoers sal oorskry. Volgens mnr. Johannes Möller, voorsitter, sou 'n verhoging van 16% spreekwoordelik die kameel se rug vir ‘n groot gedeelte van die landbou gebreek het.

"Met die veronderstelling dat die jaarlikse gemiddelde prysaanpassing ook in landelike gebiede sal geld, verwelkom Agri SA die meer draaglike prysaanpassing van 8% oor die volgende vyf jaar.  Die verklaarde voorneme om elektrisiteitpryse na 2018 met nie meer as die inflasiekoers aan te pas nie, word eweneens verwelkom. Dit sal verseker bydra tot groter sakevertroue in Suid-Afrika", het Möller gesê.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.09
-0.8%
Rand - Pond
20.21
-0.0%
Rand - Euro
17.74
-0.0%
Rand - Aus dollar
11.59
-0.0%
Rand - Jen
0.13
-0.0%
Goud
1,660.90
0.0%
Silwer
19.03
0.0%
Palladium
2,166.50
0.0%
Platinum
864.50
0.0%
Brent-ruolie
85.14
-2.4%
Top-40
57,390
+0.8%
Alle aandele
63,726
+0.7%
Hulpbronne 10
60,230
+0.7%
Industriële 25
77,400
+0.8%
Finansiële 15
13,796
+0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
soek omgee maatjie, saam rondloop maatjie, sommer stilsit maatjie
Probeer hard om 'n ware omgee christen te wees wat graag deel. Kan skuins snaaks wees en geniet goeie gesels met iemand wat ook met woorde kan speel.
Sterrekyker
Ongekompliseerd, eerlik, opreg, liefdevol. Wat jy sien is wat jy kry. Stel gewoonlik ander voor myself. My familie en naby vriende is baie belangrik vir my, en ek sal enigiers...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot