AFGRI
BEAN
06 Okt
-
8935
-92,00
CORN
06 Okt
-
4823,2
28,20
SOYA
06 Okt
-
9535
270,00
SUNS
06 Okt
-
9720
235,00
WEAT
06 Okt
-
7210
18,00
WMAZ
06 Okt
-
5067,6
107,60
YMAZ
06 Okt
-
4958
84,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Duurder rooivleis kan veeboere help

Die prys van rooivleis gaan moontlik teen Desember met tot 15% styg.

Mnr. Paul Makube, senior landbou-­ekonoom van Eerste Nasionale Bank (FNB), het goeie nuus vir veeboere wat tans onder moeilike toestande gebuk gaan.

Rooivleispryse bly tans styg namate rooivleisprodusente diere terughou in die hoop dat weidingstoestande sal verbeter as dit binnekort sou reën. Tesame daarmee behoort ’n hoër vraag na rooivleis oor die feestyd rooivleispryse te laat styg, sê Makube.

“Rooivleispryse sal na verwagting met minstens 9% tot 15% styg teen Desember, aangesien die vraag na rooivleis oor die feestyd hoër is,” sê hy. Wat beesvleis betref, sê Makube die bedryf beweeg na ’n seisoenale prysverhoging van R3,40/kg tot R5,70/kg vir beesvleis (A­graad), veral met die braaiseisoen wat voor die deur lê.

“Verbruikers wat verkies om ’n skaaptjoppie op die vuur te sit, kan verwag om R5,60 tot R9,40 meer vir lam (A­-graad) oor die feestyd te betaal,” sê hy. Varkvleis sal ook voordeel trek uit die prysstyging vir rooivleis. Vir hoendervleis is dit egter minder goeie nuus, aangesien invoer die prys van hoendervleis stabiel gaan hou.

“Ten spyte van die volgehoue druk waaronder huishoudings se besteebare inkomste verkeer, sal verbruikers steeds ’n klein verhoging in vleispryse oor die feestyd kan hanteer. Ander sal weer rooivleis in groot maat aankoop om die prysverhogings teen te werk,” sê Makube. Hy meen verbruikers sal selfs in moeilike ekonomiese toestande gewoonlik eerder aan luukshede besnoei, maar oor die algemeen in die feestyd meer aan voedsel en vleis bestee.

Makube waarsku ook dat vleispryse egter weer in Januarie ná die feesgety na normale vlakke sal terugkeer om verbruikersweerstand te verhoed. “Met die verwagte reën in die komende maande gaan die situasie vir veeboere ook verbeter. Voorspellings dui nou op neutrale reëntoestande vir die 2016/’17­seisoen,” sê hy.

Makube sê dit is goeie nuus, aangesien die lewendehawebedryf nie bekommerd hoef te wees oor die moontlike skade wat gepaardgaan met vloede tydens ’n bogemiddelde reënseisoen nie. “Die verwagte reënval behoort genoeg te wees om kuddes te herbou, wat veeboere weer sal help om koste op lang termyn te verhaal,” sê hy.

Makube reken graanpryse gaan teen die middel van volgende jaar (2017) ook verlangsaam, wat voerkoste sal verlaag. “Dit sal lei tot beter winsmarges en winsgewendheidsvlakke vir boere wat tans deur verliese in die gesig gestaar word weens die droogte,” sê hy.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.78
-0.1%
Rand - Pond
20.04
+0.5%
Rand - Euro
17.57
-0.0%
Rand - Aus dollar
11.52
+0.2%
Rand - Jen
0.12
-0.1%
Goud
1,716.73
+0.0%
Silwer
20.63
-0.1%
Palladium
2,303.50
+2.0%
Platinum
928.00
+0.6%
Brent-ruolie
93.37
+1.7%
Top-40
59,611
+0.7%
Alle aandele
66,022
+0.6%
Hulpbronne 10
63,166
-0.8%
Industriële 25
80,378
+1.4%
Finansiële 15
14,092
+0.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Dont do today what u can do tomorrow
Stap die myl Aandagafleibaar Wil nog leer kitesurf Mal oor golf en seil Gee mekaar spasie Friend for life Never doublecross
Die lewe is kort. Kom ons geniet dit saam.
Ek is positief, hou van likewise mense. Is mal oor close wees. Love dit om enige iets te doen saam my geliefdes. Is maklik aanpasbaar. Het nie moodswings en issues.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot