AFGRI
BEAN
02 Des
-
9270
-95,00
CORN
02 Des
-
4550,6
5,60
SOYA
02 Des
-
10469
51,00
SUNS
02 Des
-
10935
-95,00
WEAT
02 Des
-
6710
-35,00
WMAZ
02 Des
-
5024
-103,00
YMAZ
02 Des
-
4450
-56,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
18 Nov
-
159,48
-1,95
Ave Wool - RWS
18 Nov
-
164,49
-0,59
Beeste A2/3
18 Nov
-
60,09
0,35
Beeste AB2/3
18 Nov
-
56,25
0,33
Beeste B2/3
18 Nov
-
52,95
1,01
Beeste C2/3
18 Nov
-
48,85
-0,26
Bevrore Hoender
18 Nov
-
32,06
-0,24
Bokkies (onder 30 kg)
18 Nov
-
63
3,43
Bokooie
18 Nov
-
39
-3,28
Groot (meer as 40 kg)
18 Nov
-
44,26
0,39
Hoender (IQF)
18 Nov
-
31,5
0,00
Medium (30-40kg)
18 Nov
-
54,61
-5,70
Pork Average
18 Nov
-
36,05
-0,10
Poultry Average
18 Nov
-
32,36
-0,15
Skaap A2/3
18 Nov
-
90,45
-1,54
Skaap AB2/3
18 Nov
-
75,52
-1,96
Skaap B2/3
18 Nov
-
74,2
-0,26
Skaap C2/3
18 Nov
-
70,7
0,53
Speenkalf
18 Nov
-
37,1
0,21
Spekvarke
18 Nov
-
35,44
-0,81
Stoorlammers
18 Nov
-
39,82
-0,87
Varkwors
18 Nov
-
27,86
-0,60
Vars Hoender
18 Nov
-
33,54
-0,19
Vleisvarke
18 Nov
-
35,95
-0,07

Dwelms in bokse vrugte uit SA na Indië gesmokkel

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Van die dwelms wat gevind is. Foto: Indië se media inligting buro
Van die dwelms wat gevind is. Foto: Indië se media inligting buro
Ingevoerde appels, lemoene en pere wat in onder meer die Paarl en Bellville verpak is, is in Indië op beslag gelê toe miljarde rande se tik en kokaïen in bokse tussen dié vrugte gevind is.

Dit is deur die Indiese media beskryf as die grootste dwelmvonds nóg in die land.

Volgens owerhede is dit dwelmhandelaars se nuutste modus operandi om dwelms van “hoogstaande gehalte” en ter waarde van miljarde rande van een land na ’n ander te smokkel.

Dié planne sluit die landbousektor in wat die spilpunt is in die vervoer en verspreiding daarvan.

Op 1 Oktober het die owerhede in Indië beslag gelê op tik en kokaïen van miljarde rande toe hulle skeepsvragte vanuit Suid-Afrika in Indië deursoek het.

Die invoermaatskappy verantwoordelik vir die vragte is in Doebai gesetel. Hy het takke in onder meer Indië en Suid-Afrika. Luidens mediaberigte is ’n tweede verdagte in die ondersoek geïdentifiseer wat in Gauteng in die in- en uitvoerbedryf werk.

Die klopjag is uitgevoer nadat owerhede in Indië die bewegings van vrugte-invoermaatskappye vanuit Suid-Afrika gemonitor het, asook skeepsvragte wat met hul aankoms in koelkamers gehou word.

Op 1 Oktober het hulle ’n vragmotor in Vashi, Mumbai, voorgekeer wat uit ’n opbergingsaanleg gery het.

Die vragmotor het houers valencia-lemoene wat vanaf Suid-Afrika ingevoer is, vervoer. Tussen die lemoene is 158 kg tik en 9 kg kokaïen ter waarde van nagenoeg R3,2 miljard gevind.

indië dwelms
Van die dwelms wat gevind is. Foto: Indië se media inligting buro

Luidens ’n verklaring wat deur die Indiese regering se mediaburo vrygestel is, is dit die grootste dwelmvrag waarop die land al beslag gelê het.

Op foto’s wat van die klopjag geneem is, kan sakkies met wit poeier wat onder die vrugte weggesteek is, gesien word.

Bykans ’n week later, op 6 Oktober, is weer eens beslag gelê op vrugte vanuit Suid-Afrika. Dié keer in vragte wat pere en groen appels vervoer het.

Tussen die vrugte was 50 blokke wat elk toegedraai was in plastiek wat sowat 1 kg elk geweeg het. Binne elke blok was “van die beste kokaïen op die mark”.

Die 50 blokke kokaïen wat in bokse tussen appels gevind is, se straatwaarde is nagenoeg R1,1 miljard.

Luidens die verklaring is dieselfde invoerder by albei voorvalle betrokke.

Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.47
+0.4%
Rand - Pond
21.43
+0.3%
Rand - Euro
18.39
+0.4%
Rand - Aus dollar
11.90
+0.4%
Rand - Jen
0.13
-0.6%
Goud
1,801.11
-0.1%
Silwer
22.69
-0.3%
Palladium
1,929.50
-0.8%
Platinum
1,041.50
-0.3%
Brent-ruolie
86.88
-0.1%
Top-40
68,504
-0.5%
Alle aandele
74,649
-0.5%
Hulpbronne 10
74,306
-2.2%
Industriële 25
91,875
-0.3%
Finansiële 15
15,546
+1.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom ons skryf ons eie roman.
Is n aangename vriendelike mens met baie deernis", en baie''' liefdevol". Hou baie' van my rugby''' en mal oor musiek"...
Lekker kuiermaat
Ek dink ek kom maklik met die meeste mense oor die weg en het n baie goeie sin vir humor soms bietjie aweregs. .Ek is spontaan en het n goeie algemene kennis . EK hou van...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot