Die eerste Agri Mega Steak Week vind van Donderdag (14 April) af plaas ter bevordering van die Wes-Kaapse rooivleisbedryf.
Die eerste Agri Mega Steak Week vind van Donderdag (14 April) to Saterdag (16 April), plaas ter bevordering van die Wes-Kaapse rooivleisbedryf. Luidens ’n verklaring bied die Agri Mega-groep dié geleentheid met die samewerking van ander belanghebbendes aan om volhoubare groei en ontwikkeling in die bedryf te bevorder en te stimuleer.
BKB, die Wes-Kaapse departement van landbou en Agri Mega wil met dié inisiatief waarde tot die bedryf en die provinsie se ekonomie byvoeg.
Almal welkom
Van verbruiker tot kenner word genooi om die geleentheid by die Hoër Landbouskool Boland, Agter-Paarl, by te woon.
Verskeie gewilde vleisbeesrasse sal ten toon gestel en beoordeel word. Produksie- en verwerkingskomponente in die bedryf gaan ook aandag kry. Besoekers kan uitsien na ’n sappige biefstuk en vermaak deur verskeie kunstenaars.
Beeskaskenades en Rodeo Bull-ritte is onder meer op die program. Skolerugby tussen die Hoërskool DF Malan en die Hoër Landbouskool Boland vind Saterdag plaas.
Toegang vir volwassenes is R30 en vir skoolgaande jeug R12.
12 April 2011