AFGRI
BEAN
23 Sep
-
9590
0,00
CORN
23 Sep
-
4825
0,00
SOYA
23 Sep
-
9400
0,00
SUNS
23 Sep
-
10278
0,00
WEAT
23 Sep
-
6944
0,00
WMAZ
23 Sep
-
4799
0,00
YMAZ
23 Sep
-
4724
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
02 Sep
-
160,22
-6,09
Ave Wool - RWS
02 Sep
-
172,22
-2,54
Beeste A2/3
09 Sep
-
60,85
0,17
Beeste AB2/3
09 Sep
-
57,75
1,15
Beeste B2/3
09 Sep
-
54,25
1,40
Beeste C2/3
09 Sep
-
47,55
-3,29
Bevrore Hoender
09 Sep
-
30,74
-0,28
Bokkies (onder 30 kg)
09 Sep
-
69,19
-6,29
Bokooie
09 Sep
-
48,38
2,60
Groot (meer as 40 kg)
09 Sep
-
43,39
-0,62
Hoender (IQF)
09 Sep
-
29,41
-0,82
Medium (30-40kg)
09 Sep
-
58,81
5,73
Pork Average
09 Sep
-
27,04
-0,18
Poultry Average
09 Sep
-
30,52
-0,51
Skaap A2/3
09 Sep
-
97,84
2,27
Skaap AB2/3
09 Sep
-
86,98
0,98
Skaap B2/3
09 Sep
-
81,06
1,29
Skaap C2/3
09 Sep
-
76,61
1,55
Speenkalf
09 Sep
-
36,15
-1,44
Spekvarke
09 Sep
-
27,62
-0,36
Stoorlammers
09 Sep
-
44,2
0,90
Varkwors
09 Sep
-
22,17
-0,23
Vars Hoender
09 Sep
-
31,4
-0,43
Vleisvarke
09 Sep
-
27,02
-0,15

Eerste MeerKAT-antennes onthul

Die eerste van die 64 antennes wat MeerKAT, SA se nuwe radioteleskoop, uitmaak, is buite Carnarvon onthul.

Die eerste van die 64 antennes wat MeerKAT, Suid-Afrika se nuwe radioteleskoop, sal uitmaak, is vandag (Donderdag, 27 Maart) buite Carnarvon onthul.

Mnr. Derek Hanekom, minister van Wetenskap en Tegnologie, sal ook die gespesialiseerde MeerKAT-prosesseerdergebou open. Dit is 'n datasentrum met voorpunttegnologie wat in 'n ondergrondse bunker op die SKA-terrein gebou is om die data van die MeerKAT-teleskoop te verwerk.

Die MeerKAT-antenne, wat 19,5 m hoog en 42 ton weeg, troon uit bo die sewe antennes van die KAT-7-instrument, die instrument wat as 'n voorloper vir MeerKAT gebou is en reeds vir navorsing gebruik word. MeerKAT is op sy beurt 'n voorloper van die SKA (Square Kilometre Array)-teleskoop en sal later by die middel-frekwensiefase van die SKA ingesluit word.

Hanekom het by die onthulling van die antenne gesê dit toon Suid-Afrika se verbintenis tot die MeerKAT-projek en die SKA-projek in sy geheel. "Dit toon ook die uitstekende ingenieurs- en tegniese vermoëns in Suid-Afrika wat ons in staat gestel het om so 'n enorme projek binne die geprojekteerde tyd en begroting af te handel."

Uitstekende beeldgehalte
Elke MeerKAT-antenne het twee reflekteerders, 'n ontwerpnuwigheid wat help dat daar nie stutwerk in die pad van inkomende elektromagnetiese seine is nie, sê mnr. Willem Esterhuyse, projekbestuurder van MeerKAT. "Dit maak die instrument sensitiewer as konvensionele simmetriese ontwerpe en sal beelde van uitstekende gehalte lewer."

MeerKAT se 64 identiese ontvangers (bestaande uit ontvangers, digitiseerders en ander elektronika) sal met 170 km ondergrondse kabels van optiese vesel verbind word sodat hulle gebruik kan word as een, hoogs sensitiewe sterrekundige instrument wat vanuit 'n beheerkamer in Kaapstad beheer en gemonitor word.

Data wat MeerKAT versamel, vloei deur optiese vesels na die verwerkingseenheid op die SKA-terrein waar dit verwerk word. Esterhuyse sê verwerkte data word na die MeerKAT-argief in Kaapstad gestuur en vandaar na wetenskaplikes regoor die wêreld.

Dr. Jasper Horrel, hoofbestuurder vir wetenskaplike berekening en innovering by die SKA, sê as MeerKAT aan die gang is, sal dit elke dag genoeg data genereer om 4,5 miljoen standaard 4,7 gigabytes vol te laai.

Die ingenieurs van SKA Suid-Afrika en maatskappye wat kontrakte op die projek gekry het, gaan voort om die massiewe, presisie-komponente van die oorblywende MeerKAT-antennes te bou en buite Carnarvon op te rig. Vier ontvangers sal teen die einde van die jaar op die terrein staan, en die projek sal in 2017 afgehandel word.

Minstens 75% van die onderdele van die MeerKAT-antennes word in Suid-Afrika vervaardig. Dit bring gesofistikeerde en hoogs gevorderde tegnologie en kundigheid na Suid-Afrika.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.93
-1.8%
Rand - Pond
19.45
+0.1%
Rand - Euro
17.37
+0.2%
Rand - Aus dollar
11.70
+0.2%
Rand - Jen
0.13
+0.2%
Goud
1,643.66
0.0%
Silwer
18.87
0.0%
Palladium
2,073.00
0.0%
Platinum
858.50
0.0%
Brent-ruolie
86.15
-5.0%
Top-40
57,110
-3.1%
Alle aandele
63,417
-2.9%
Hulpbronne 10
56,319
-7.5%
Industriële 25
78,436
-1.2%
Finansiële 15
14,142
-1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Vrystaat plaas boertjie opsiek na sy versie
Ek is lewens lustig en altyd 'n bok vir sports Lief vir die buite lewe soos kamp visvang en bike ry
Looking for authentic people
Ek is lojaal Hardwerkend Hou nie van oneerlikheid nie The slower the better - ons lewe in n kits wereled waar mense te vinnig dinge wil hé Alles in die Lewe is n proses Tyd...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot