
'n Plaasmoord naby Thabazimbi het die lewe van 'n Britse vrou geëis.
Beeld berig die liggaam van Christine Robinson (59), eienaar van die Rra Ditau-wildplaas, is Woensdag omstreeks 07:30 deur personeel ontdek. Haar man, Robbie, is in 2012 oorlede.
Lt.kol. Ronel Otto, polisiewoordvoerder in Limpopo, het gesê dit lyk asof sy in die nek gesteek is. Geld wat sy getrek het om salarisse mee te betaal, word ook vermis.
Niemand is nog in verband met die moord in hegtenis geneem nie.
Bron: Beeld.